Hoe meer haas, hoe minder spoed

Dit mag die ouderdom wees wat inskop, maar die laaste tyd kry ek myself knaend aan’t dinke oor my kinderjare doer in die vorige eeu. Dinge was anders en ten spyte van  al die slim goete wat die mensdom sedertdien uitgedink het, wonder ek of die eenvoudiger leefwyse nie beter was nie. Ek sien selfs die veraf hunkering in my eie kinders se oë as ek van daardie tye vertel (soms ook ‘n bejammerende kyk by die gedagte aan geen Playstations of rekenaars nie). Daai ou spreekwoord van “hoe meer haas, hoe minder spoed” beskryf die moderne leefstyl perfek. Ons het alles gedoen en, glo ek, meer as wat ons vandag doen sonder geprogammeerde wasmasjiene, mikrogolwe, kitskos en vooraf verpakte aandetes, afstandbeheerde TV’s en natuurlik selfone.

Nou lees ek van die einste selfone en meer spesifiek die meer gevorderdes soos die  I-Phone en Blackberry wat mense se stresvlakke so opstoot. Ons het so afhanklik van hierdie apparaatjies geword, dat ons hele lewe as’t ware daarom geweef word. Daar is mense wat kompulsief byna elke minuut net móét kyk  vir boodskappe of ander inligting. Dit word gebruik om fliekkaartjies te koop, te navigeer, met vreemde, gesiglose mense op ‘n ander vasteland te kommunikeer of speletjies te speel en boeke te lees. Die stresvlakke begin klim sodra jy nie kan bybly met die druk wat hierdie klein toestelletjie op jou plaas nie. Sodra jy nie by al jou e-posse, Facebook-vriende, koerante, sportuitslae en al die dinge wat jy nou en dadelik moet doen, kan uitkom nie, begin die son vir jou te sak. Of nog erger, as die battery begin pap raak. Die ergste is natuurlik wanneer jou vriend die nuwer model onder jou neus kom hou.

Aggenee wat, gee vir my ‘n lekker stukkie boerewors en ‘n tjoppie wat ek op ‘n houtvuur gooi met ‘n musiekie in die agtergrond en ‘n skuimkoppie in die hand.

 

Wag net gou, daar lui my foon…

Advertisements

2 thoughts on “Hoe meer haas, hoe minder spoed

  1. André, ek is so bly dat ons in daardie kinderdae van ons nog kon speel en fantaseer. Ons speelgoed het meeste van die tyd niks gekos nie, omdat ons self geprakseer het en plangemaak het met wat ons het. Nou by nabaat, is daar egter een ding wat ek mee sou kon doen in daardie tyd: vrye toegang tot inligting. Dis die een ding van die tyd waarin ons nou leef, wat vir my heerlik is. Ek Google net gou…

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s