Goeie advies vir die jonger manne

GOEIE ADVIES VIR DIE JONGER MANNE

in labour 2

Daar is sekere dinge wat jy nou maar net nie vir jou vrou in die teater sê wanneer sy besig is om geboorte te skenk nie. Kom ons kyk na enkeles:

  1. Ek hoop tog net die baba is uit vóór die game begin.
  2. Ek hoop jy’s gereed. Die ou met die videokamera gaan nou hier wees.
  3. As jy dink dít is seer, moet ek jou bietjie vertel van die keer toe ek my enkel met rugby verstuit het.
  4. Hei, hou net gou op met skreeu – dis die kinders op die foon. Hulle wil weet wat eet ons vanaand.
  5. As jy so op jou rug lê, lyk jy darem wragtag nes ‘n luislang wat ‘n vlakvark ingesluk het.
  6. Nee wat, jy’t nie ‘n epiduraal nodig nie. Ontspan net en geniet die oomblik.
  7. Jong, ek hoop nou net dis die regte pyp wat die dokter daar afgesny het.
  8. Hou op vloek en haal net rustig asem.
  9. Sug! Lyk of dit ‘n laaang nag gaan wees.
  10. Móét jy sulke geluide maak?
  11. Ha-ha! Sê nou daar kom ‘n eier uit, so ’n groot volstruiseier en nie ‘n baba nie!
  12. Vir wat kom daai baba nie? Skrik jy hom nie dalk af met jou geskreeuery nie?
Advertisements

2 thoughts on “Goeie advies vir die jonger manne

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s