VERLENGDE VLUGTYD

Die twee manne het goed weggelê aan die vloeibare verversings op die vliegtuig. Op ‘n stadium kondig die loods aan dat een van die enjins ingegee het, maar dat daar geen rede tot kommer is nie – die ander drie enjins makeer niks. Dit gaan ongelukkig egter beteken dat die vlugtyd met twintig minute verleng gaan word.

Die twee manne kuier voort. ‘n Ruk later kom daar ‘n aankondiging dat ‘n tweede enjin ook nou probleme gegee het, maar dat daar steeds geen rede tot kommer is nie – die ander twee enjins hardloop nog dood dollies. Ongelukkig moet daar nou nog bietjie stadiger gevlieg word en gaan die vlugtyd nou veertig minute langer wees.

Die een ou is net so besig om sy sóveelste klein botteljie oop te skroef om een van Bacchus se Franse kinders oor die ys in die plastiekglasie te skink, toe die kaptein aankondig dat ‘n derde enjin ook nou die gees gegee het. Die passasiers word versoek om kalm te bly, want hulle gaan heelwat spoed verminder om die laaste enjin nie te ooreis nie. Aankomstyd gaan nou heelwat later wees.

Effe bekommerd kyk die een ou so op sy horlosie en toe by die venstertjie uit, starend na die enjin onder die vlerk. Toe draai hy na sy pel terwyl hy met sy duim na die enjin beduie:

“Swaerie ek sê, daai mouter moet nou nie ok gan staan en oppak nie, anners sit ons wragtag die hele nag hierbo”.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s