DIE HUISGENOOT, 21 SEPTEMBER 1934 (No. 1)

1 : PARTON-PILLE

IMG_0956

Iemand stop my gister ʼn Huisgenoot van 1934 in die hand en ek kan die ding nie neersit nie. Daar is talle verhale in deur PJ Schoeman, PJ Nienaber en selfs PW Botha (wonder of dit die toekomstige Groot Krokodil is). Ek gaan die volgende paar dae interessanthede wat ek raaklees met julle deel.

Daar gaan geen spesifieke orde of tema wees wees, bloot gedagtes soos ek deur die tydskrif blaai. Let op dat dit “Die Huisgenoot” is en nie net Huisgenoot soos dit deesdae is nie. Die formaat is A3 (2 X A4) en slegs die voorblad het ʼn kleurfoto op (geneem deur ene A van R van Oudthoorn) Die prys is 4d. Die res van die inhoud is swart, of blou of bruin (ook die foto’s).

Om af te skop, goeie raad vir moedelose skrywers uit “Korsies” op die laaste bladsy van hierdie ou Huisgenoot (let op die taalgebruik):

Aspirant-skrywer: “Dit is hopeloos! Telkens stuur die uitgewers my manuskripte terug. Dit ontneem my die moed om nuwe werk te begin.”

Vriend: “Weet jy wat jy moet doen? Moenie jou adres insluit in die toekoms nie.”

Sommer op die eerste bladsy vang iets my oog: Aanvanklik gedink dis ʼn spotprent, maar dis eintlik ʼn advertensie vir “Parton’s Purifying Pille”. Die prentjie wys hoe die hele gesin met die ma baklei en vra:

“Wat! Jy het vergeet om Parton-pille te bestel ?!?.x!!?.x.”

IMG_0957

Ek haal die res van die advertensie woordeliks aan:

Moeder kry dit swaar onder die iesegrimmigheid wat deur die behoefte aan ‘n sagte purgeermiddel veroorsaak word. Stel jou voor, geen Parton’s in die huis nie – en die Apteek is toe! Liewe aarde!

 En sê nou sy het vergeet om Parton’s te bestel? Dis ongelukkig! Dit kan nie verhelp word nie! Wat kom dit daarop aan?

 Dis juis die punt. Hardlywige mense kan dit nie help nie. Hulle is ontevrede, humeurig en onredelik. As daar êrens ʼn klag gehoor word, dan kom dit byna altyd van iemand met ‘n verstopte spysverteringstelsel.

 Die unieke kenmerk van Parton se pille is dat hulle ‘n versterkende purgeermiddel is. Die kliere, sappe en organe wat die spysvertering en afskeiding beheer, word deur hulle opgeknap en versterk. In hierdie opsig is hulle verskillend en beter. Probeer hulle. U sal nooit weer die ou soort purgeermiddels gebruik nie.

 Oral te koop teen 1/6 per bottel van 50 pille.

 As jy dus weer ‘n klakous raakloop, weet dat sy spysverteringstelsel verstop is en hy sommer net vol … uhm… vol is (kom ons VOLstaan hiermee). Gee hom purgasie in.

Advertisements

2 thoughts on “DIE HUISGENOOT, 21 SEPTEMBER 1934 (No. 1)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s