UIT: DIE HUISGENOOT, 21 SEPTEMBER 1934 (N0.2)

2 : LYDENDE VROUENS EN NAARHEID IN DIE KOP

‘n Advertensie wat mens laat wonder wat die sonde was vir hierdie “natuurlike straf” (en wie die vertaalwerk gedoen het).

Bring u u beste jare in ellendige siekte deur terwyl u al die tyd deur middel van ʼn kort gespesialiseerde behandeling met SEKERHEID herstel kan word?

 Tientalle vroue getroos hulself gewis so ʼn onnodige opoffering. Waarom? Niemand weet beslis nie. In die ou tye het vrouens geglo dat liggaamlike lyding die natuurlike straf vir die vroulikegeslag was. Maar daardie dae was dae toe die geneeskundige wetenskap nog ondoeltreffend was en daardie geloof was soos ʼn berg voor vrouens.

 Het u rede om te vermoed dat die funksionele gestel nie heeltemal gesond is en gereeld werk nie?

 Ons beveel FELUNA sonder aarseling aan. Eenvoudig omdat FELUNA ‘n skitterende suksesvolle geskiedenis het en ons, om die beurt, het vertroue wat tereg op sy oorsprong uit daardie geskiedenis het

Huh?

Geen wonder Johnson’s Powder het op dieselfde bladsy ʼn advertensiewedstryd van stapel gestuur nie (was daar dan nog nie reklameagentskappe nie?).

£105 AAN PRYSE!

En nou wil ons ʼn goeie idee van ʼn advertensie hê. Sommige mense besit die gawe om advertensies uit te skryf en te ontwerp – of om goeie advertensie-idees uit te dink. Miskien is u een van hulle!

Aspro het ʼn byna volbladadvertensie en gebruik getuigskrifte van gebruikers om die lof van hierdie wondertabletjies te adverteer. So skryf Mej. S D van Staden van Hoogestraat, Dewetsdorp, O.V.S. :

Waarde Here, – Baie hartlik dank vir die ontvangs van die waardevolle tablette. Ek het nog nie iets beter vir hoofpyn gebruik nie. Daar ek erg lydende was aan ʼn vreeslike naarheid in my kop en gevoel het of ek wou mal word, voel ek nou sommer weer ʼn mens.

 Phil Medley & Kie. gebruik ʼn skitterende woord wat ek nog nooit voorheen gehoor het nie.

 

 Wie ken die woord suigbesem vir ʼn stofsuier? Ek sien dit kom wel in woordeboeke voor.

Advertisements

3 thoughts on “UIT: DIE HUISGENOOT, 21 SEPTEMBER 1934 (N0.2)

    • Dankie vir jou kommentaar, liewe mens. Wee’jy ek moet nou bieg dat ek gaan kyk het waar om die lettertipe anders of selfs groter te maak, maak ek het nie so ‘n funksie nie (of ek is te dom) – ek kan net bold. Ek moet dalk opgradeer of iets. As jy raad het, sal dit natuurlik met ope laptops verwelkom word. Dankie dat jy kom inloer.

      • Ek lees graag, maar dit was vir my net te klein. Ek wil nie ‘n pretbederwer wees nie maar het jy al probeer om die agtergrond ‘n ander kleuir te maak of selfs die letters wit i.p.v. geel?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s