SOUTHEND-ON-SEA

Vanaf land deur bomeSOUTHEND-ON-SEA

Southend-on-Sea, of sommer kortweg, Southend, is een van die groter dorpe in ons omgewing en die mees oostelike groot dorp aan die noordelike oewer van die Teemsrivier voordat die Noordsee begin. Tussen ons dorpie – Benfleet – en Southend is daar vier aaneengeskakelde dorpies – Hadleigh, Leigh-on-Sea, Chalkwell en Westcliff  – so 12 kilometer soos die kraai vlieg of 19 kilometer seelangs. Ons praat van “seelangs”, maar strenggesproke is dit die yslike riviermonding. Die windjie stoot hier al seegeure in die Teems se mond op en omdat dit ‘n getyrivier is, bring hoogwater heelwat seelewe (selfs dolfyne) met die soutwater diep land in. Southend is dan ook ‘n kusdorp en gewild onder vakansiegangers – slegs sowat 65 kilometer oos van Londen-sentraal af. Moet egter nie Jeffreysbaai se branders en strande verwag nie.

PALACE HOTEL

Die statige Palace Hotel op Southend se seefront. Koninklikes het al hier oornag – lank gelede.

In 1830 is die wêreld se langste ontspanningspier in Southend gebou – ‘n 2.14 kilometer lange looppad die see in. Oor die jare heen het die pier al deurgeloop onder rampe soos groot skepe wat daarin vasgery het en twee groot brande. In 1995 is ‘n vermaaklikheidsarkade aan die landkant van die pier deur brand in puin gelê en in 2005 het vuur groot skade aan restourante en winkels op die ander punt, diep die see in, aangerig. ‘n Smalspoortreintjie is beskikbaar om mense wat nie kans sien vir die stappie nie en goedere te vervoer.

Southend-on-Sea se historiese 2.16 km-lange pier

Southend-on-Sea se historiese 2.16 km-lange pier met die pretpark in die voorgrond.

Baie Sondagmiddae gaan loop ons daar – en koop ‘n lekker draairoomys by die restourant op die punt.

Advertisements

4 thoughts on “SOUTHEND-ON-SEA

    • Die mense kan ook maar lekker mors, maar dit word darem daagliks skoongemaak. Dit is nogal iets wat my opgeval het toe ons hier aangekom het – mense loop graag. Ou mense, jong mense, mense met honde. Ons het vir meer as ‘n jaar nie eers ‘n kar gehad nie. Dankie vir die saamloop.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s