ENKELE KOMMENTARE OP MONOCHROOM REËNBOOG

11226051_10206786952410922_759259504811044360_n

ENKELE KOMMENTARE OP MONOCHROOM REËNBOOG

(SOOS VERSKYN IN LITNET  )

Annette le Grange

‘n Moet lees boek. Skitterende skryfstyl, eerlik, openhartig. Die storie tref mens fel,veral vir ons wat in daardie era groot geraak het. Die boek lewer ‘n intense genot en mens is half jammer daar is nie nog hoofstukke oor nie, veral as jy lees en besef dit is die laaste bladsy. Baie geluk mnr Fourie, jou boek is beslis aan te beveel vir jonk en oud. Stukkie ware geskiedenis van ons brose land en sy mense.

  • Gert Burger

    Een boek wat ek sonder twyfel sal aanbeveel. Veral die mense wat die tyd van die bosoorlog intens belewe het, kan dalk uitvind hoe naby hierdie verhaal aan hul eie belewenisse is.

  • Alice Hendriks-Boshoff

    Monochroom Reënboog is ‘n boeiende boek. Die taalgebruik en skryftrant pas treffend aan by die verskillende lewensfases van Abrie, die hoofkarakter. Fourie skilder omgewing, omstandighede en situasies só helder en lewensgetrou, dat ‘n mens sterk daarmee kan identifiseer – veral as jy self ‘n oud-Bloemfonteiner is. Hierdie boek leen hom m.i. nie tot ‘n opvolg van enige aard nie, maar ook ander skeppingswerk van Fourie sal ‘n aanwins wees vir die Afrikaanse boekrak. Ons sien uit daarna.

  • Dr G M Augustyn

    Ons wat bevoorreg is om Andre in persoonlike verskyning te ken, hier in Engeland, weet dat die man sy woorde weeg en kies, en dat hy versigtig omgaan met mense omdat hy broosheid diep ken. Sy verhaalkuns in Monochroom Reënboog bring lekkerte in vele opsigte, want ook daar is ontwerp en fyn kies van woord en gedagte volop vir die genietleser en die ontledingsleser. Knap gedaan, Andre!

  • Andre De Wet

    As ‘n seun van ‘n soldaat wat self in die 70’s groot geword het was dit ‘n ongelooflike grypende boek. Ek kon myself inleef in heelwat van die situasies. Ek bly ook nou in Engeland en die boek het erg aan my hartsnare getrek.

  • Willie Brits

    Ek was weer teruggevoer na my kinderdae op ‘n wyse wat my ‘n knop in die keel gegee het. André jou eerlike, gemaklike skryfstyl gee geloofwaardigheid aan jou boek. Wel gedaan my vriend. Ek kan nie wag vir die opvolg nie.

  • Andre Eloff

    Toe ek die boek lees het my eie lewe en grootwordwêreld voor my afgespeel. Ek is deeglik herinner aan die ou dae. Die boek is briljant geskryf … vol hartseer, verlange, nostalgie, vreugde en letterkunde met ‘n sterk geskiedkundige inslag.
    Ek het dit geniet … dankie Andre. Maak weer so!

  • Colleen Potgieter

    Ek het so pas ‘n boek klaar gelees … dit was fantasties … kry dit, koop dit of leen dit, maar lees dit. Die boek: Monochroom Reënboog geskryf deur André Fourie.

  • Herman du Plessis

    Baie geluk met ‘n uitstekende boek. Ek het elke bladsy geniet, en lekker gelag, gehuil, en opgewonde geraak saam met jou karakters. Dit het my soveel nostalgiese genot verskaf om te lees van ons herkoms in hierdie monochroom reënboogland. Ek lees al Jeffrey Archer, Sidney Sheldon, Stigg Larson, Jo Nesbo, Deon Meyer en Wilbur Smith se boeke, en kan nou die naam van Andre Fourie daarby voeg.

    Welgedaan, en mag daar nog baie uit jou pen vloei. Jy mag maar!

  • Johan Noordman

    Nooit so geboei deur ‘n boek nie – wens dit het nog 20 addisionele hoofstukke gehad. Kan nie wag vir ‘n volgende treffer nie.

    LEES HIER MEER OOR MONOCHROOM REËNBOOG

 

Advertisements

5 thoughts on “ENKELE KOMMENTARE OP MONOCHROOM REËNBOOG

      • Nie altyd moontlik vir my nie, maar ek wil al lankal kommentaar lewer op hierdie boek van jou. Ek het Abrie se lewens storie en sy ervaringe so geniet en jou gawe met hierdie boek is om dit oor te vertel net soos dit was, soos baie van ons groot geword het, dieselfde emosies, ervarings alles. Baie mooi gedoen.

  1. Ai, Andre, vanoggend so bly oor hierdie onderhoud op LitNet. Dit laat inhoudsgewys reg geskied aan ‘n ware, egte skrywer. (Die omslag van die boek bly daarby ook net asemrowend.) Mag daar nog meer bestellings instroom. Van harte geluk! Groete van huis tot huis, Maretha.

    2016-07-26 14:04 GMT+02:00 BILTONG & POT- ROAST :

    > Biltong & Pot-roast posted: ” ENKELE KOMMENTARE OP MONOCHROOM REËNBOOG > (SOOS VERSKYN IN LITNET ) Gert Burger 2015-09-10 at 22:18 Een boek wat > ek sonder twyfel sal aanbeveel. Veral die mense wat die tyd van die > bosoorlog intens belewe het, kan dalk uitvind hoe naby hie” >

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s