‘N NUWE KAR!

‘N NUWE KAR!

Vauxhall Cresta PB

Vandag, presies 52 jaar gelede, het my pa met ‘n splinternuwe kar in ons oprit gestop – 26 Oktober 1964.

Ek was so teleurgesteld. My klein seuntjiegemoed was so half in twee geskeur.

Die dag toe ons almal saam was om die kar te gaan uitsoek, was daar twee keuses op die vloer. So ‘n mooi rooi Vauxhall Velox met ‘n wit dak en die duurder, luukser Vauxhall Cresta – so ‘n bruinerige een met ‘n roomkleur dak (baie soos die een in die foto). Alhoewel die Cresta so ‘n paar ekstra blink strepe, “whitewall tyres” en bowenal ‘n verwarmer by die prys ingesluit gehad het, het ek meer van die rooie gehou. Rooi soos ‘n Ferrari! Tog so jammer dat hy nie darem net ‘n verwarmer ook gehad het nie – en daai “whitewalls!”

Pa het vir die verkoopsman gesê hy kan nie besluit watter een om te neem nie, want die Cresta was so effens bokant sy begroting. Hy sal die volgende oggend sy besluit deurbel.

Die hele dag het ek in spanning gewag – met watter een gaan Pa by die huis aankom?

Dit was laatmiddag, na werk toe Pa om die draai gekom het met die bruin Cresta – OB 651. Die kar waarmee ek grootgeword het. Ou staatmaker wat ons landswyd op onvergeetlike vakansies geneem het. Die kar waarmee ons inryteater toe gegaan het. Die kar waarmee ek my eerste meisie gaan oplaai het.

Pa het die Cresta 14 jaar lank gery. Ek was saam met hom hartseer toe hy verkoop is.

Advertisements

9 thoughts on “‘N NUWE KAR!

  1. My pa was ook ‘n Zephyr-man. Ons het deur die jare drie gehad – ‘n rooie, ‘n gele nadat die rooie in ‘n ongeluk heengegaan het en later jare ‘n witte met so ‘n kort stert. Nou moet ek jou eers vertel: my seun kom toe verlede jaar hier aan met so ‘n blinkrooi Ford Focus (“Candy Apple Red”) en my man wil weet hoekom rooi; die ding lyk soos ‘n posbus? Maar, sê my seun ewe verontwaardig, ‘n rooi kar ry mos altyd vinniger as die ander! Ek glo regtig nie hy was ernstig nie, maar dit was ‘n goeie antwoord.

  2. Nostalgie! My ouma, het ook ´n Vauxhall stasiewa gehad en my oupa, ´n Zodiac, wat net die bietjie luukser een van die Zephyr was. Later, het my pa, HesterLeyNel, ook so ´n kort stert Zephyr gehad, maar daardie modelle, was glad nie lief vir ´n grondpad nie. Ons was 40 km van die dorp af, hy het dus nie lank gebly nie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s