DIE DUIWEL SE KOETSIER

DIE DUIWEL SE KOETSIER

devil

Die naam alleen is genoeg om jou in jou spore te laat vassteek…

Hy het baie name: The Devil’s Coachman, The Devil’s Horseman, The Devil’s  Steed. Sedert die Middeleeue word hy met die duiwel geassosieer. Wat is hierdie monster?

Ten spyte daarvan dat bronne vertel hoe algemeen hierdie gedierte in Europa en Brittanje voorkom, het niemand met wie ek in ons omgewing gepraat het, al een gesien nie. Ek is dus gelukkig, want ek het al twee keer hierdie duiwel gesien. So op my wandelings deur die voëlpark naby ons.

devils-coachman-2

Sy dofswart kleur het dadelik my aandag getrek. Hy is maar so drie sentimeter lank en lyk soos die insektewêreld  se weergawe van ‘n platipus – iets tussen ‘n pikswart mier en perdeby en, met sy gekrulde stert wanneer hy kwaad is, soos skerpioen. Ook soos ‘n oorkruiper op steroïede wanneer hy nie ‘n dreigende houding inneem nie.

‘n Aggressiewe klein gediertetjie wat seer kan byt met daardie sterk kake van hom. Nog ‘n wapen in sy arsenaal is ‘n stink vloeistof wat hy by daardie opgekrulde stert van hom uitspuit.

devils-coachman-1

Bedags, wanneer hy onder klippe en blare skuil, word hy selde gesien. Snags, wanneer hy op jag is, is hy op sy aktiefste en dit is dalk juis as gevolg hiervan dat daar sedert die  Middeleeue so baie bygelowe oor hom is. Hy het blykbaar, so is daar geglo, selfs destyds die stronk van Eva se appel geëet. Wanneer mense saans om die vuur sit, word hy deur die lig gelok en met sy dofswart kleur en bisarre, dreigende voorkoms het hy baie mense op hol gehad. Daar is ook geglo dat sewe van jou sondes vergewe word wanneer jy een van hierdie goggas vermorsel. Dit is ook die vorm wat die duiwel aanneem wanneer hy sondaars kom vang en opvreet.

Devil's Coach-horse Beetle (Staphylinus olens) in defensive posture

DEVIL’S COACH HORSE

Vir my is dit egter ‘n fassinerende skepsel. So jammer hulle is so skaars.

Advertisements

5 thoughts on “DIE DUIWEL SE KOETSIER

  1. Ek het nou lekker gelag oor Eva se appelstronk en die sondes wat so maklik vergewe word (kan ek kies watter sondes afgemaak moet word?). Dis darem ‘n liederlike lelike, maar skattige ou gesiggie daardie.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s