CALAMINE LOTION OF ‘N MASERATI?

 

CALAMINE LOTION OF ‘N MASERATI?

Daar word mos gesê dat ons manne die ewige jeukerasies kry wanneer ons ‘n nuwe kar sien.

Die heel eerste kar wat my laat jeuk het, was destyds, toe ek nog ‘n skoollaaitie was en ‘n ou kom by die verkeerslig langs ons intrek met ‘n Datsun SSS. Een met so ‘n knorrige uitlaatpyp, spot lights, louvre en al. DATSUNNie baie lank daarna nie, loop ek die dag deur die vertoonsale op die Bloemfonteinse Landbouskou en steek vas by die mooiste kar wat ek nog ooit gesien het – tot op daardie stadium. Hy is toe pas bekendgestel en draai so in die rondte onder spreiligte. Die nuwe Dodge Colt, so ‘n Gunston-kleur (vir die meisies en die jonger manne wat nie weet nie, vra ‘n man met myle op watse kleur dit is). ColtAgterna was dit die Volkswagen SP (ja, my drome het perke gehad!), die luikrug V8 Rover Vanden Plas (met al sy foute) en so aan.

Ek en my bankbestuurder het egter oor die jare heen tot ‘n ooreenkoms gekom dat, wanneer ‘n jeukerigheid ontstaan, dan krap ek maar eerder. Ja, ek kan eerlik sê dat my gejeuk onder beheer is, nou al vir baie lank.

Of so het ek gedink.

Vanoggend ry ek ewe rustig op die snelweg toe ‘n swart gevaarte verby my skuif. Ek het hom in die truspieëltjie sien aankom en aanvanklik gedink dat my oë my bedrieg toe ek die drie-tandvurk op die sierrooster sien. Selfs toe hy langs my ry, toe dink ek dat dit seker maar ‘n Cayenne of iets moet wees. Maar toe hy voor my ingly, kon ek vir ‘n baie vlugtige oomblik die letters Maserati lees voordat hy op die horison verdwyn het (en ek het ‘n heel skaflike 140 km/h gedoen).maserati-levante (1)

Maar wat, nadat ek bietjie oor hom gaan oplees het en gesien het dat ‘n ou nie veel kleingeld vir £55 000 kry nie (so in die orde van R900 000 – dalk meer in Suid-Afrika met invoerbelasting en al die ander ekstras), het ek maar op ‘n botteltjie Calamine lotion besluit.

Of wat smeer ‘n ou deesdae vir jeukerigheid aan?

NS. Die foto’s van die ouer motors is meestal van Amerikaanse modelle en lyk nie presies die Suid-Afrikaanse weergawes nie.

Advertisements

2 thoughts on “CALAMINE LOTION OF ‘N MASERATI?

  1. Jy’s heel reg met daai gevoel.
    Daar is een net so ‘n entjie in my straat af en ek stap heelparty keer die langpad om die blok om net so ‘n bietjie te staar.

    Mens moet egter toegee dat daar darem vandag in die SUV klas baie opsies is om uit te kies. Die nuwe Jaguar F-Pace and I-Pace en bo alle verwagting die nuwe Alfa Stelvio wat volgende jaar uitkom.

    • So baie modelle, so min geld! Maar nou weet jy ook hoe ek oor ‘n Maserati voel. Die naam alleen bring beelde van van begeertes op (dit mag dalk sonde wees, ha-ha). Net verlede naweek bekyk ek daai Jaguar so en sien toe baie ooreenkomste in die lyne. Die Alfa is ook windmakerig, maar ek was nog nooit ‘n Alfa-man nie. Buitendien, in my klas op laerskool was daar ‘n mislike meisie en daai Alfa se voorkant laat my teveel aan haar gesig dink. Ook so ‘n mondjie gehad met sulke wrede ogies. Ek verlang man, ons moet vinnig ‘n kuier reel!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s