AL DIE VELD IS VROLIK!

AL DIE VELD IS VROLIK!

IMG_2098

LENTE LANGS DIE PAD

Talle woordkunstenaars het al liries geraak oor die lente.

Kyk hoe beskryf Kenneth Grahame die invloed van lente op selfs die eensaamste mens:

Spring was moving in the air above and in the earth below and around him, penetrating even his dark and lowly little house with its spirit of divine discontent and longing.

Of die bruisende vreugde wat lente bring, soos beskryf deur CS Lewis:

It was the noise of running water. All round them though out of sight, there were streams, chattering, murmuring, bubbling, splashing and even (in the distance) roaring. And his heart gave a great leap (though he hardly knew why) when he realized that the frost was over.

Ook in ons eie pragtige taal het skrywers en digters oor die jare heen hierdie pragseisoen besing:

Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand…  (Leipoldt)

Dis heerlike lente, die winter’s verby…(Theo Jandrell)

Elke seisoen het sy eie bekoring en , natuurlik, sy nadele. Maar bitter min mense het al ooit oor die lente gekla.

Die winter is snoesig en  vars, maar kan ook te koud en te lank raak. Die somer bring sonskyn, braaivleis en seevakansies, maar kan weer te warm en, weer eens, te lank wees. Die herfs is pragtig met sy bonte kleure, maar al daardie blare wat opgevee moet word en die dae wat so korter word, kan die herfs ʼn slegte nasmakie gee.

Maar lente! Nie te lank nie, nie te koud of te warm nie en alles is nuut. Nuwe blare en blomme, nuwe lewe in die diereryk, die sonskyndae word langer en alles voel sommer nuut en vars. Geen wonder daar word van “spring cleaning” gepraat nie, want mens voel sommer lus om van al die winterstof en spinnerakke ontslae te raak. Om die nuwe lentelug in te asem.

Ek het al gewonder as Nuwejaarsdag in die lente was – natuurlik sou dit dan nie oral dieselfde gewees het nie! Maar nogtans, dink net, ‘n nuwe jaar, nuwe seisoen, al die nuwe lewe en skoon, bloeiselgegeurde vars lug. ‘n Mens sou sommer meer gemotiveerd wees om by jou nuwejaarsvoorneme te bly.

Hoekom skryf ek nou, hierdie tyd van die jaar oor die lente?

Want hier by ons, in die noordelike halfrond, is dit nou lente. Ek dink die kontras tussen winter en lente is hier selfs groter as in Suid-Afrika. Hierdie tyd van die jaar is die velde, sypaadjies, parke en tuine oortrek met plate affodille en krokusse. – dan weet ons: lente is hier.

Ons het onlangs na ‘n nuwe omgewing in Engeland getrek en die afgelope naweek, met die heerlike lentesonskyn, ons omgewing bietjie gaan verken. En op watter skatte het ons nie afgekom nie! Ek deel graag ‘n paar met julle. (Dalk, net dalk bring die lente in ‘n verre land bietjie vreugde in die suidelike halfrond.)

(Al die foto’s is sommer met my selfoon geneem en nie die beste kwaliteit nie.)

IMG_2078

BLACK ROCK. Hierdie yslike rots staan in ‘n park wat jare gelede ‘n steengroef was. In die verte kan nog ‘n steengroef gesien word. Die gebied is bekend vir die klippe wat uit rots gekap word om huise en die pragmure (waaroor ek so gaande is!) mee te bou .

 

IMG_2051

Die bome het wel nog nie blare nie, maar die groenigheid is besig om deur te slaan.

IMG_2053IMG_2058IMG_2062

IMG_2069

Ons buurdorpie, Cromford, in die verte.

IMG_2070IMG_2073IMG_2077IMG_2080IMG_2081IMG_2087IMG_2090IMG_2092IMG_2093IMG_2094IMG_2099IMG_2101IMG_2103IMG_2104

Advertisements

3 thoughts on “AL DIE VELD IS VROLIK!

  1. Ek moet eers vir jou se dat jou foto’s werklik pragtig is en absoluut die lente mooi uitbeeld. Lente, seer sekerlik die mooiste seisoen van die jaar en jy het dit alles goed vasgevang met jou skrywe.

  2. Die affodille in die lente is vir my die mooiste lente uitbeelding. Hier in NZ is daar meestal ook sommer plate van hulle. Ons herfs het nog nie werklik ingeskop nie. Goed om te sien die warm weer kom nou uit by julle.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s