DIE MERKWAARDIGE VERHAAL VAN TIP, DIE SKAAPHOND

DIE MERKWAARDIGE VERHAAL VAN TIP, DIE SKAAPHOND

TIP, DIE GETROUE SKAAPHOND

Die Upper Derwent Valley vorm deel van die Peak District Nasionale Park in die Oostelike Middellande van Engeland – nie ver van die dorpie waar ons woon nie. Die natuurskoon is asemrowend.

derwent-dam-tower

Buiten die natuurskoon, is die gebied ‘n onuitputbare bron van stories en geskiedenis. Op besoek aan die Derwent-opgaardam, kom ek toe op een so ‘n storie af.

Die Derwent-dam is ‘n indrukwekkende konstruksie in die Neogotiese boustyl, gebou met klippe waarvoor die omgewing baie bekend is. 1021272Verlede jaar, 2016, is die honderdjarige bestaan van die dam gevier. Derbyshire, Suid-Yorkshire en so ver suid as Nottingham en Leicester word van water uit hierdie dam voorsien.IMG_1501

‘n Interessante brokkie oor die dam, is dat 617 Eskader tydens die Tweede Wêreldoorlog die dam gebruik het om hulle vlugte op lae hoogte te oefen vir die bekende “Dam Buster” aanvalle in Duitsland. Die dam se konstruksie is baie dieselfde as wat die Duitse damme was. Vandag nog word verbyvlugte oor die dam gehou om gebeure tydens die oorlog te herdenk. In September 2014 het ‘n unieke verbyvlug (wat nooit weer herhaal sal kan word nie) plaasgevind toe die enigste twee oorblywende Lancasters – een van die Battle of Britain Memorial Flight en een van Kanada – oor die dam gevlieg het.

Canadian Lancaster V-RA at the Derwent Dam

This is a Flight Artworks visualisation of the Canadian Warplane Heritage Museum’s Mynarski Memorial Lancaster FM213, flying in the markings of KB726 VR-A of RCAF No 419 (Moose) Squadron,at the Derwent Dam, where 617 Squadron did some of their practice runs before the attacks in the Ruhr.

Met voetpaaie wat kruis en dwars oor die gebied strek, is die Peak District baie gewild onder stappers en avontuursoekers. IMG_1502Die heuwels in die Peak District word vir skaapweiding gebruik en word aan plaaslike boere verhuur.

En dit is hier waar Tip se storie begin.

Prominent, met ‘n wye uitsig oor die dam, het die monumentjie my aandag getrek. ‘n Doodeenvoudige steen, met ‘n baie besondere verhaal.IMG_1505

Joseph Tagg is in 1868 in Noord-Derbyshire gebore en het vir baie jare as skaapwagter vir die XV’de Hertog van Norfolk gewerk. “Old Joe”, soos hy in die omgewing bekendgestaan het, was alombekend as teler van skaaphonde en was ook ‘n stigterslid van die plaaslike skaaphondkampioenskap in 1905.

Selfs op gevorderde ouderdom was Joe baie aktief. Daardie ysige Saterdag, 12 Desember 1953, toe hy en Tip, sy skaaphond, te voet by die huis weg is om na skape om te sien, was hy reeds 86 jaar oud. Tip, sy getroue metgesel – deur hom geteel en afgerig – was 11 jaar oud.

Die volgende oggend, toe Joe en Tip nog nie terug by die huis Is nie, het die Royal Air Force se bergreddingspan, veldwagters en boere ‘n uitgebreide soektog na die twee van stapel gestuur. Oor naweke het honderde wandelaars die familie en vriende in hul soektog gehelp, maar daar was geen teken van die twee nie. Die soekgeselskappe moes kort-kort die aftog blaas as gevolg van sneeuval wat besonder swaar daardie winter was.

Op 27 Maart 1954 het twee plaaslike herders ‘n ou jas in ‘n sloot opgemerk terwyl hulle na skape gaan omsien het. By nadere ondersoek besef hulle toe dat dit Tip is. Presies vyftien weke sedert hulle verdwyn het, is die hardgevriesde liggaam van Old Joe in ‘n sloot gekry, net ‘n paar treë van ‘n uitgeteerde Tip af.

Tip was baie swak en brandmaer en wou om die dood nie van Joe se liggaam af padgee nie. Vir 105 dae het sy by haar baas se liggaam gewaak en een van ergste winters in daardie streek oorleef deur waarskynlik hase en voëls te vang.

Sy is huis toe geneem en deur Joe se niggie versorg tot sy gesond en sterk was. Die Bronze Medal of the Canine Defence League, gelykstaande aan die Victoria Cross, is aan haar toegeken.

Na haar ontbering, het Tip vir minder as ‘n jaar geleef en is op 16 Februarie 1955 dood. Oor haar merkwaardige optrede is wyd berig en ‘n veldtog is begin vir fondse om ‘n monument in haar gedagtenis op te rig.IMG_1503

Haar finale rusplek is op die Derwent Edge, wat oor die pragtige vallei, waar sy eens saam met haar baas skape aangejaag het, uitkyk.IMG_1506

Advertisements

5 thoughts on “DIE MERKWAARDIGE VERHAAL VAN TIP, DIE SKAAPHOND

  1. Ai die loyaliteit van ‘n hond is merkwaardig! My mal maltees sal wegstap na die eerste eene wat na biltong ruik.

    Die dam is ptagtig maar lyk maar koud. En sprake van sneeu – nee nie vir Namibiërs se bloed nie.

    • Dit is werklik ‘n pragtige dam en omgewing. Die foto’s is wel in die winter (November verlede jaar) geneem. Die grys, bewolkte lug laat dit selfs nog kouer lyk. Tans is dit vroeg-lente hier by ons en die dae begin heerlik raak. Ons het tog al laat sneeu beleef (soos in ons sonnige SA ook al die geval al was – ek onthou snerpende koue lentedae). Groetnis daar!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s