OP ‘N NOSTALGIETOER

OP ‘N NOSTALGIETOER

Een van my gunstelingrolprente, is Somewhere in Time, waar Christopher Reeve ‘n foto van ‘n beeldskone jong aktrise, wat byna sewentig jaar tevore die wêreld aan haar voete gehad het, sien. Hy raak dan absoluut obsessief-verlief op haar en word gehipnotiseer om terug in tyd te gaan – om haar te ontmoet.

Ek het al so baie gewens dat so iets wel moontlik was – om terug in tyd te kan gaan. Nie om iets te gaan verander of ander paaie te kies nie. Nee, ek wil sommer net goeie herinneringe weer beleef of die gevoel kry van hoe dit was – in die “goeie ou dae” (nie dat die ou dae altyd noodwendig so goed was nie, of hoe?).

Gister het ek wel baie naby aan so ‘n belewenis gekom.

In een van ons buurdorpe, Newark, het die Retrofestival my teruggeneem na die 1920’s en, soos ons deur die terrein beweeg het, het ons in die 1970’s geëindig.IMG_2461[1]

Oral was feesgangers te sien in modes van hul gunstelingtydperk en daar was selfs ‘n haarkapper waar die dames hul hare kon laat doen om te pas by hul uitrustings.

IMG_2490[1]

Uitstallings van motors’s motorfietse en karavane het my onmiddellik teruggevoer na my kinderjare. Meer as 200 stalletjies het ware te koop aangebied uit vergange eras.IMG_2491[1]

Die hoogtepunt was waarskynlik die drie verhoë waar musiek die regte atmosfeer geskep het. By een verhoog is musiek uit die 1920’s tot vroeë 1950’s gespeel wat weer lewe gegee aan die Andrews Sisters, Ella Fitzgerald, Glen Miller en ander groot name uit daardie tydperk. Nog ‘n verhoog het op die rock ‘n roll musiek van die 1950’s en 1960’ gekonsentreer terwyl ‘n derde verhoog  aanhangers van die Beatles, Bread, Bee Gees en andere se musiek gelok het.

Klein dingetjies het my  totaal aangegryp. Soos die drie sussies met hul eenderse rokkies – mens sien dit mos nie meer deesdae nie. En die Morris Minor, my liewe ma se getroue ryding toe ek in die laerskool was.

IMG_2482[1]

O ja, en die radio wat my pa in die garage gehad het – die een waaroor Gerhard Viviers vir ons Pierre Fourie se geveg teen Bob Foster beskryf het.

Ag jaaa… en vandag is ek weer terug.

Advertisements

11 thoughts on “OP ‘N NOSTALGIETOER

  1. Nee man, hoekom soooo kort, net toe ek in vervoering geraak het oor die goeie ou dae, toe is dit oppela, glo dit moes ‘n ongelooflike ervaring gewees het, die foto’s getuig daarvan, dankie vir die deel daarvan met ons lesers!!!

    • Hier in Engeland sal ek voor ‘n vuurpeloton geplaas word as ek foto’s van klein dogtertjies neem. Op ‘n stadium het ek oorweeg om hulle ma se toestemming te vra, maar dit toe maar gelos. Op my Facebook-blad het ek vier videos by die opmerkings onder hierdie beriggie geplaas. Twee van die sussies is op die tweede laaste video te sien (met sulke wit en blou blomrokkies aan – die kleinsus (so twee jaar oud) het die plek volgehardloop en gedans.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s