MICHAEL JACKSON EN DIE GRUMPY OU MAN

thriller 1

Kyk, ek moet sommer uit die staanspoor bieg dat ek nog nooit werklik ‘n groot aanhanger van Michael Jackson was nie. So driekwart deur een van sy liedjies, begin daai helium-gevulde stemmetjie my soos ‘n muskiet op ‘n warm somersnag vang. Toegegee, daar is wel van hulle wat ek al enduit geluister het. Toe daar dus die afgelope naweek aangekondig word dat ons Thriller in die Lyric-teater in Londen gaan kyk, was ek nou nie noodwendig in ekstase nie. Maar nou weet ek ook teen hierdie tyd ook al dat ek nog nooit NIE ‘n vertoning in Westend geniet het nie.

Die Lyric het in 1888 geopen en die oomblik toe ons kaartjies aan die plekaanwyser oorhandig word, toe kom klim die atmosfeer van 128 jaar se teaterproduksies in my klere.

Om ‘n lang storie kort te maak … ek is meegesleur op ‘n sensoriese belewenis. Kostuums en musiek het my nostalgies teruggeneem na die 1970’s en 1980’s (en ook later toe popmusiek nie meer so hoog op my prioriteitslys was nie). Die talent was uitstekend. Ek dink daai een ou was selfs beter as die grote MJ homself. Maniertjies en bewegings was perfek tot in die fynste detail. Earth Song het my emosioneel gelaat. Die dansroetine met Dangerous (eintlik al die vertonings) was asemrowend en Billy Jean alleen het die prys van die kaartjies die moeite werd gemaak.

Ja Swaer en nou moet hierdie ouman erken …

Ek het dit geweldig geniet!

LET WEL: Aangesien die neem van foto’s tydens die vertoning verbied word, is geen van die foto’s myne nie – almal op Google geleen.

thriller 5

thriller 4

thriller 3

thriller 2

thriller 6

Advertisements

3 thoughts on “MICHAEL JACKSON EN DIE GRUMPY OU MAN

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s