OM AFRIKAANS OP ‘N ENGELSE TAALKONGRES RAAK TE LOOP!

OM AFRIKAANS OP ‘N ENGELSE TAALKONGRES RAAK TE LOOP!

LANGUAGE 4

Die afgelope naweek het ek toe mos die voorreg gehad om ‘n “Language Show” hier in die Engelse hoofstad by te woon. Ek het nie werklik geweet wat om te verwag en het meer uit nuuskierigheid gegaan en om my belangstelling in tale, en meer spesifiek die geskrewe taal (lees, veral, Afrikaans) te voed. Ja, ek het besef dat die kanse maar skraal is om Afrikaans op so ‘n internasionale kongres in die hartjie van Londen raak te loop, maar het tog die geleentheid om die verskeidenheid tale en kulture te beleef, aangegryp.

Vrydagmiddag is ek en vroulief toe per trein Londen toe – ek vir die kongres en sy om bietjie ma-dogter-tyd met onse prinses, wat in die middel van hierdie kosmopolitiese stad woon, te spandeer.

By die Business Design Centre in Islington, word ek deur ‘n verskeidenheid aksente verwelkom.

LANGUAGE 6

Stalletjies laat my proe aan eksotiese lekkernye van wydverspreide wêrelddele en ander laat my besef hoe agter ek geraak het met kennis oor langafstandonderrig.  Die nuutste tegnologie en elektroniese hulpmiddels en toepassings is verstommend. Kort lesings word aangebied deur mense van verskillende lande om te vertel van hulle taal en die metode van onderrig in hulle lande. Die loopbaanmoontlikhede van taalvaardige mense word ook bemark.

Ek soek vir Afrikaans, maar kry dit nêrens nie. Weet hulle dan nie in Suid-Afrika van hierdie enorme geleentheid om die wêreld van ons pragtige taal te vertel nie? Ek weet daar is wêreldwye belangstelling in Afrikaans. En daar word dit toe bevestig!

By die Universiteit van Cambridge (nogal!) se stalletjie val die alfabetiese lys tale my oog. Heel boaan pryk dit. Afrikaans!

Ek gesels met die mense wat my vertel dat die belangstelling in Afrikaans inderdaad so groot is, dat dit vir hulle ekonomies lonend is om die kursus aan te bied. Die kursus is vir leerlinge oor die wêreld heen wat Afrikaans as deel van die IGCSE-kurrikulum wil neem. Dit is die internasionale kursus wat by Britse skole, maar ook as deel van ‘n tuisonderrigleerplan, wêreldwyd aangebied word in meer as 140 lande.

Ek kon egter nie verdere getalle by hulle kry nie, maar was nogtans verstom.

Miskien is dit iets wat Afrikaansdepartemente bietjie oor kan dink …

Om volgende jaar betrokke te raak by hierdie groot geleentheid.

Advertisements

5 thoughts on “OM AFRIKAANS OP ‘N ENGELSE TAALKONGRES RAAK TE LOOP!

  1. Ek se mos al jare: Afrikasns is die nuwe wereldtaal. Dit word oral in ander lsnde gepraat. As sk d xpats noy hulle kindets Afrikaans gaan grootmaak, en hulle troy en leer hulle gades en hulle kibders Afrikasns, en hulle hulle gades en kinders…

    • Ek sien egter wel ongelukkig ook die teenoorgestelde hier in Engeland. Talle kinders van Afrikaanse ouers kan byna nie meer ‘n woord Afrikaans praat nie en die ouers praat (dikwels ook maar gebroke) Engels met die kinders. My kinders praat egter nog vlot Afrikaans – ons praat net Afrikaans met mekaar (tensy in die teenwoordigheid van nie-Afrikaanssprekendes). My dogter gaan met ‘n Griekse outjie uit en my seun met ‘n Brits/Poolse meisie wat hulle al heelwat basiese Afrikaanse terme geleer het (die Griekse outjie kan al ‘n gesprek volg). Aan die anderkant van die munt – my kinders leer ook nou ander tale (my dogter is al heel goed met Grieks).

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s