WANNEER JOU EGO JOU IN DIE MOEILIKHEID KAN SMYT

EGO

Ek moet bieg dat hierdie prentjie nogal op my van toepassing is. ‘n Spesiale vriendin herinner my vandag aan hierdie insident – waarskynlik die beste voorbeeld van hoe jou ego jou ondergang kan beteken.

Dit was destyds, toe ek as dienspligtige op Oudtshoorn die leierskursus gedoen het. ‘n Groep van ons ry toe een naweek vir die dag Wildernis toe met my Volla. Daar het ons ‘n heerlike tyd en ander ouens en meisies sluit ook by ons aan. Ons baljaar op die strand, hou piekniek en swem.

Ek het altyd daarvan gehou om agter die branders te gaan swem – dieper in as die ander mense (ja, ek weet, vir ‘n Vrystater is dit dalk ‘n dom ding om te doen). Valskermbataljon en die opleiding op Oudtshoorn het my topfiks gemaak. As gevolg van gevaarlike seestrome, was daar twee vlaggies op die strand waartussen die baaiers moes bly. Met my diep swemmery kom ek toe nou nie agter dat ek verby die vlaggies gaan nie en die lewensredder gaan mal met sy arms en fluitjie op die strand. Ek weet van niks – swem te lekker. Totdat ek bewus raak dat ek darem nou werklik baie ver van die strand af is – een van daai bedrieglike seestrome het my beet. In die verte kan ek my vriende en die meisies sien en ‘n ou met swaaiende arms wat op en af spring.

Ek probeer toe weer tussen die vlaggies en nader aan die strand kom, maar die stroom wil niks weet nie. Van die strand af stuur hulle toe ‘n reddingsboot om my te kom red. Hulle kom stop hier langs my en beduie ek moet in die boot klim. En ek dink by myself, al versuip ek ook nou vandag hier, maar daar is nie ‘n manier wat ek in daai boot klim nie. As ek nou darem soos ‘n drenkeling op die strand voor my vriende en die meisies uit die boot klim, sal ek nooooit weer my kop kan lig nie. Nee wragtag! Ek sê vir hulle nee, moenie worry nie, ek’s orraait, ek gaan buitendien nou uit.

Terwyl die manne in die boot my skepties aankyk, probeer ek weer en ek swem vir al wat ek werd is. En toe besluit ek om te ontspan en nie te spartel of weerstand te bied nie. Daai stroom trek my in en met so ‘n wye draai neem hy my weer vlak water toe. Ek loop daar na die groep toe, so terwyl ek my “pose” hou en sê, “Manne, dit was nou lekker gewees. Julle weet nie wat julle mis nie.”

As ek daai dag nie so fiks was nie, kon die storie dalk ‘n heel ander einde gehad het.

Advertisements

5 thoughts on “WANNEER JOU EGO JOU IN DIE MOEILIKHEID KAN SMYT

  1. ek dink ons almal kan saam praat met daai eie EK….tot die paw paw die fan strike, lekker gelag en bly jy het seer sekerlik respek vir die see gekry.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

w

Connecting to %s