HET JULLE OOK ‘N TYD?

HET JULLE OOK ‘N TYD?

TYD

Sedert ek kan onthou, nadat ek my eerste digitale horlosie doer in die 1970’s gekry het, het ek ‘n tyd.

11:11.

Op ‘n onverklaarbare wyse – vir my, altans – word my oë byna daagliks na die horlosie getrek wanneer hierdie vier syfers in die venstertjie verskyn. Klokslag. Of dit nou die stoof se horlosie of die horlosie op die stasie se kennisgewingbord is, ‘n onsigbare mag draai my kop op daardie spesifieke tydstip na die horlosie toe. Vir jare al.

In 1918 is die verwoestende Eerste Wêreldoorlog amptelik beëindig op die 11de uur van die elfde dag dag van die elfde maand. Daar is ook mense wat glo dat engele naby jou is wanneer jy 11:11 sien. Hulle kom glo met liefde en beskerming en hulle bring helderheid en leiding. Ek kan nogal vrede maak met hierdie gedagte. Miskien moet ek hulle volgende keer vra vir meer helderheid agter die rede waarom ek 11:11 so gereeld sien.

My enigste verklaring is dat dit maar bloot ‘n geval is van dat dit die oog vang – hierdie vier eenderse syfers op die horlosie. Die enigste ander vier eenderse syfers op die horlosie is 22:22 en 00:00 – ‘n tyd van die dag wanneer ek nou nie meer so op tyd ingestel is nie. Sien ek dus baie ander tye ook op die horlosie sonder dat dit opgelet of geregistreer word?

Ek het al vir die kinders vertel dat hulle mooi na die tyd moet oplet wanneer ek my laaste asem gaan uitblaas. Dit mag dalk 11:11 wees. Ek sal nou nooit self weet nie.

So wonder ek toe weer vanoggend toe ek die ketel vir ‘n versterkertjie kom aanskakel en my oog die tyd op die mikrogolfoond se horlosie vang.

11:11.

Het jy ook ‘n tyd?

Advertisements

4 thoughts on “HET JULLE OOK ‘N TYD?

    • Dis nou interessant. By kommentare hier en elders lyk dit asof dit toe nie so algemeen is as wat ek gedink het nie. Ek het agterna gaan Google en sien toe dat daar heelwat artikels (en bygelowe) oor hierdie verskynsel is. Gaan dit nog goed met jou?

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s