DELFT

DELFT

Delft was ‘n grootse belewenis!

‘n Kort rit per trein (nogal een van daardie dubbeldekkertreine!) het ons van Rotterdam na Delft geneem.

Delft is natuurlik wêreldbekend vir Delfts blauw, daardie beroemde blou-en-wit erdeware. Minder bekend, is die ontploffing wat die grootste gedeelte van die stad in 1654 verwoes het. Meer as 100 mense is dood en duisende beseer toe 30 ton buskruit in ‘n opslagplek ontplof het. Die enigste rede vir die relatiewe lae dodetal is die feit dat baie van die inwoners twee feeste in naburige dorpe bygewoon het.

Die stad het 9 suster-stede waarvan Pretoria in Suid-Afrika een is.

Ons tydsberekening was uitstekend, want tydens ons besoek het ‘n groot jaarlikse gebeurtenis ook daar plaasgevind. Meer daaroor volgende keer.

DSCN4394 (2)

DSCN4408

LET OP DIE DUBBELDEKKERTREIN

DSCN3456 (2)DSCN3461 (2)DSCN3468 (2)DSCN3469 (2)DSCN3471 (2)DSCN3474 (2)DSCN3478 (2)DSCN3488DSCN3496 (2)DSCN3520

IMG_20190804_135610 (2)

WAT ‘N LEKKER (BELGIESE) BIER MET ‘N INTERESSANTE GESKIEDENIS (DIE NAAM BETEKEN “SUDDEN DEATH”)

DSCN4378 (2)

DSCN4375 (2)

SO BEKEND GELYK, DAT EK NET NET MOES AFNEEM

DSCN4372 (2)

IETS WAT MY OPGEVAL HET IN NEDERLAND, IS DAT DIE MEESTE FIETSE DOODGEWONE “OUTYDSE” FIETSE IS EN DAT DIE MENSE MET DOODGEWONE KLERE (SONDER VALHELMS) RY. NET SOOS ONS, DESTYDS, TOE EK NOG ‘N KIND WAS.

 

Advertisements