DELFT

DELFT

Delft was ‘n grootse belewenis!

‘n Kort rit per trein (nogal een van daardie dubbeldekkertreine!) het ons van Rotterdam na Delft geneem.

Delft is natuurlik wêreldbekend vir Delfts blauw, daardie beroemde blou-en-wit erdeware. Minder bekend, is die ontploffing wat die grootste gedeelte van die stad in 1654 verwoes het. Meer as 100 mense is dood en duisende beseer toe 30 ton buskruit in ‘n opslagplek ontplof het. Die enigste rede vir die relatiewe lae dodetal is die feit dat baie van die inwoners twee feeste in naburige dorpe bygewoon het.

Die stad het 9 suster-stede waarvan Pretoria in Suid-Afrika een is.

Ons tydsberekening was uitstekend, want tydens ons besoek het ‘n groot jaarlikse gebeurtenis ook daar plaasgevind. Meer daaroor volgende keer.

DSCN4394 (2)

DSCN4408

LET OP DIE DUBBELDEKKERTREIN

DSCN3456 (2)DSCN3461 (2)DSCN3468 (2)DSCN3469 (2)DSCN3471 (2)DSCN3474 (2)DSCN3478 (2)DSCN3488DSCN3496 (2)DSCN3520

IMG_20190804_135610 (2)

WAT ‘N LEKKER (BELGIESE) BIER MET ‘N INTERESSANTE GESKIEDENIS (DIE NAAM BETEKEN “SUDDEN DEATH”)

DSCN4378 (2)

DSCN4375 (2)

SO BEKEND GELYK, DAT EK NET NET MOES AFNEEM

DSCN4372 (2)

IETS WAT MY OPGEVAL HET IN NEDERLAND, IS DAT DIE MEESTE FIETSE DOODGEWONE “OUTYDSE” FIETSE IS EN DAT DIE MENSE MET DOODGEWONE KLERE (SONDER VALHELMS) RY. NET SOOS ONS, DESTYDS, TOE EK NOG ‘N KIND WAS.

 

Advertisements

2 thoughts on “DELFT

  1. Dit was mooi en lekker om ‘saam’ in Delft te wees. Julle was merkbaar in die land van die lang mense. Ek neem aan jy weet nie hoe smaak Mort Subite nie, anders sou jy nie hier kon vertel nie. Mooi om julle kinders te sien. Nederlanders weet as jy regtig val, kry jou skouer seer lank voor jou kop kan grondvat. As hulle die slag val, begin hulle sommer so in die val opspring. Jy sien nie sommer ‘n Nederlander in die pad lê nie.

    • Met verwysing na daai Mort Subite – hoe weet jy waarvandaan ek skryf? Die naam het nogal ‘n interessante geskiedenis. Ek gaan probeer om ‘n skakel hier te plaas, anders sal ek dit apart vir jou stuur. Die twee mense saam met Melissa is vriende van haar wat sy van Engeland af ken. Die meisie is ‘n dokter en is Frans. Die outjie is Frans/Italiaans.

      https://www.alamortsubite.com/en/

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s