INGENIEURSPRESTASIE WAT OOR DRIE EEUE STREK

INGENIEURSPRESTASIE WAT OOR DRIE EEUE STREK

(LET WEL: GEEN VAN DIE FOTO’S IS MY EIE NIE)

forth-crossing_2

n Merkwaardige ingenieursprestasie met ‘n historiese verbintenis wat oor drie eeue strek, het die afgelope naweek ‘n hoogtepunt in Skotland bereik. ‘n Derde brug oor die Firth of Forth, wat die M90-snelweg met Lothian en Fyfe verbind, is geopen. Die Queensferry Crossing is een van drie asemrowende konstruksies – elk gebou in drie verskillende eeue.

FORTH TREINBRUG

DIE FORTH TREINBRUG WAT IN 1890 GEOPEN IS

railbridge-450

‘n Jong ingenieur vertel dat sy oupagrootjie aan die eerste brug, die Forth treinburg wat in 1890 geopen is, gewerk het. In 1964 het sy oupa saam met sy medewerkers trots toegekyk hoe hul handewerk, die Forth motorbrug, deur koningin Elizabeth geopen is.

DIE FORTH MOTORBRUG

DIE FORTH MOTORBRUG WAT IN 1964 GEOPEN IS MET DIE FORTH TREINBRUG (1890) IN DIE AGTREGROND

FORTH MOTORBRUG

FORTH MOTORBRUG MET DIE QUEENSFERRY CROSSING IN AANBOU

DIE FORTH MOTORBRUG

DIE FORTH MOTORBRUG MET DIE QUEENFERRY CROSSING IN AANBOU IN DIE AGTERGROND

Die afgelope naweek het hierdie jongman gesien hoe die brug waaraan hy gewerk het, skouspelagtig verlig word in aanloop tot die die groot opening op 4 September – weer deur koningin Elizabeth.

Die brug is 2,7 kilometer lank met drie torings, elk 207 meter hoog.

QUEENSFERRY CROSSING

DIE NUWE QUEENSFERRY CROSSING

QUEENSFERRY CROSSING

QUEENSFERRY CROSSING MET DIE TWEE OUER BRUE IN DIE AGTERGROND

Cy7y_mdXEAARo0v

 

VYF MINUTE OP FACEBOOK OM JOU SELFBEELD OP TE KIKKER

VYF MINUTE OP FACEBOOK OM JOU SELFBEELD OP TE KIKKER

facebook-addiction-2

‘n Navorser aan die Universiteit van Derby, Dr. Zaheer Hussein, het onlangs bevind dat stres ‘n beduidende faktor is hoekom baie mense hulle tot Facebook wend. Die navorsing het egter ook getoon dat jou selfbeeld beduidend hoër kan wees ná ‘n vyf minute Facebook-sessie.

Facebook-gebruikers wat vyf minute gebruik om gou boodskappies te kyk of ‘n vinnige gesprek met vriende het, se selfbeeld het beduidend gestyg.

facebook-friend1-1446270575

Volgens Dr. Hussein kan hierdie verhoogde selfbeeld toegeskryf word aan interaksie met vriende, geselsies, skertsery en positiewe boodskappe wat die gemoed opbeur. Die studie het getoon dat hoe hoër ‘n persoon se stresvlak is, hoe intenser word hul gebruik van Facebook.

Vorige navorsing het ook getoon dat ydelheid ‘n groot insentief vir die gebruik van sosiale media is en dat baie mense afhanklik van die lofprys, aanvaarding en goedkeuring van ander mense is.

Daar word ook gewaarsku teen die verslawing aan sosiale media en daar is gevind dat baie mense vyf ure of selfs meer per dag op Facebook spandeer.

FB-image

Wanneer ek soggens my rekenaar aanskakel, so met ‘n beker koffie in die hand, gaan ek gou vinnig deur my e-posse en loer wat my vriende op Facebook aangevang het. Vir my is dit, hier in die verre vreemde, ‘n goeie manier om in kontak te bly. Ek het egter onbeperkte internettoegang en om daardie rede bly Facebook heel dikwels sommer oop. ‘n Groot gedeelte van my dagtaak sentreer rondom die rekenaar en ek sal myself dikwels kry dat ek tydens ‘n teebreek of so vinnig loer wat almal doen.

Dit het al byna ‘n gewoonte geraak. Verslawing? Ek dink darem nog nie so nie.