PRETORIA WAS GOED VIR MY

11226051_10206786952410922_759259504811044360_nDSC_4051DSC_4107DSC_4101DSC_4067DSC_4115DSC_4111

Wie sou nou kon dink dat Land van die Blou Bul ‘n Cheetah-man so hartlik kan ontvang!
Na die euforiese belewenis in Bloemfontein het ek nie kon dink dat dit beter kon gaan nie. Ek was verkeerd – gedeeltelik. Pretoria het die Rosestad geëwenaar.
In die knus lapa van Krygkor, net so naby die veelbesproke Erusmuskasteel (waar dit glo spook!) het ons gekuier rondom Monochroom Reënboog. Familie, skoolvriende, weermagvriende en nuwe vriende het glasies kom klink op… MY! Wat ‘n eer! Die pragtige tweeling, Martinique en Clariece, het boekverkope woema gegee en neef Johan het sy aktrise-vrou aan my kom voorstel. Uiteindelik kon ek vir Karen ontmoet. Thys, ou skool- en weermagvriend wat ek in 1983 laas gesien het, was ook daar om sy vrou aan my voor te stel. Ek kon skrywersvriende en Facebook-vriende in lewende lywe ontmoet.
As Christine en die kinders nie in Engeland agtergebly het nie, sou Engeland my heel waarskynlik nie weer gesien het nie.
Dankie Suid-Afrika!
(En ‘n baie groot dankie aan almal wat dit vir my moontlik gemaak het. Ek wil graag vir Desiré en Jacolien uitsonder.)

MONOCHROOM REËNBOOG TE KOOP

Nee, ek verkoop nie ‘n reënboog nie! Ek reageer net op talle versoeke van mense wat navraag doen oor waar die boek gekoop kan word.

INTERNASIONAAL: Beskikbaar as e-boek en slapband by Amazon, Smashwords en Createspace

SUID-AFRIKA: Doen navraag by enige boekhandel en vra dat die boek bestel word as dit nie in voorraad is nie. Dit is tans beskikbaar by Protea en Exclusive Books. Ook as e-boek beskikbaar by Kwarts Uitgewers (onthou om die deelteken op Reënboog te sit of tik net Monochroom) en (binnekort) by On the Dot en Takealot (Kalahari.com).


KONTAK DESIRÉ HURST AS JY NIE REGKOM NIE. Sy kan vir jou ‘n boek na ‘n adres in Suid-Afrika pos (R200 insluitend posgeld). Sel: 082 871 8028. Tel: (012) 345-5541. E-pos: mikedes@mweb.co.za

 
Ek kan ook gekontak word by: fourieaj@hotmail.com11226051_10206786952410922_759259504811044360_n

VRYSTAAT KUNSTEFEES 2015

Terug op moeder aarde na ‘n loop op die wolke. Ek sou in my wildste drome nie kon dink dat my eerste bywoning van ‘n kunstefees sommer my deelname sou behels nie. Weke van interkontinentale kommunikasie en reëlings kulmineer toe uiteindelik in die aand van 15 Julie.
Die Kovsiekampus in Bloemfontein is ‘n kaleidoskoop van kleur, geur en atmosfeer. Mense dwaal, eetding in die hand, van stalletjie na stalletjie. Ek baan my weg oop na die H van der Merwe Scholtzsaal waar ek baie jare gelede my finale eksamen geskryf het. Ek het weer daai gevoel op my maag, maar hierdie keer is dit nie eksamenkoors nie. Dis verhoogvrees. By die sysaal, waar my boekbespreking gaan plaasvind, word ek deur oud-skoolvriende, familie ou en splinternuwe vriende ontvang. Ek sien die omslag van Monochroom Reënboog in baie hande.
Saam met Maretha Maartens en die bekende dramaturg, Nico Luwes, skuif ons agter die mikrofone in. My mond is droog en ek is dankbaar vir die bottel water voor my. Maretha lei die bespreking met haar kenmerkende kalm, professionele styl en vee al my stramheid weg . Nico is briljant en gee met sy voorlesing lewe en stemme aan die karakters wat ek die afgelope jaar of wat geskep het. Die gehoor neem deel en gee waardevolle terugvoer.
Wat ‘n onvergeetlike aand!
Ag ja, die lewe gaan voort – maar nou vir ‘n nuwe avontuur!
20150715_174654_resizedIMG_8389IMG_0961IMG_8385