MONOCHROOM REËNBOOG

11226051_10206786952410922_759259504811044360_n

MONOCHROOM REENBOOG

DEUR ANDRÉ  FOURIE

Baie mense mag wonder: “Wat is lewensgetrou?”Tereg ook. Met hierdie boek poog die skrywer om so “lewensgetrou moontlik” ‘n prentjie te skets van ‘n bepaalde omgewing tydens die 1960’s en 1970’s in Suid-Afrika – gesien uit die oogpunt van ‘n Afrikaanse seun. Dit is belangrik om daarop te let dat daar destyds, soos vandag, ‘n veelvoud van omgewings was met verskillende belewenisse daarvan.  Hierdie boek probeer om een so ‘n belewenis uit te lig. Daar mag woordkeuses wees wat gaan seermaak en ontstel, maar wat na die skrywer se mening belangrik vir die konteks is waarbinne dit gebruik word. Uit die staanspoor wil die skrywer dus verskoning vra vir taalgebruik wat selfs teen sy eie  beginsels indruis.

‘n Groot gedeelte van die boek is op ware gebeure gebaseer, maar om die identiteit van persone te beskerm, is name en heel dikwels konteks verander en ‘n goeie skeut fiksie is bygevoeg.

https://www.smashwords.com/books/view/530041

http://www.boomerangbooks.com.au/Monochroom-Reenboog/Andre-Fourie/book_9781507659397.htm

——————————————–

REËNBOOG TE KOOP


INTERNASIONAAL: Beskikbaar as e-boek en slapband by Amazon, Smashwords en Createspace


SUID-AFRIKA: Doen navraag by enige boekhandel en vra dat die boek bestel word as dit nie in voorraad is nie. Dit is tans beskikbaar by Protea en Exclusive Books. Ook as e-boek beskikbaar by (onthou om die deelteken op Reënboog te sit of tik net Monochroom) Kwarts Uitgewers en Takealot (Kalahari.com).

KONTAK DESIRÉ HURST AS JY NIE REGKOM NIE. Sy kan vir jou ‘n boek na ‘n adres in Suid-Afrika pos (R200 insluitend posgeld). Sel: 082 871 8028. Tel: (012) 345-5541. E-pos: mikedes@mweb.co.za
Ek kan ook gekontak word by: fourieaj@hotmail.comDSC_4120

——————————————————————

BLOEMFONTEIN COURANT

SKRYWER DEEL HEIMWEE NA GEBOORTEDORP

Maricelle Botha

July 22, 2015

BFTN COURANT FOTO ANDRE
Wat aanvanklik begin het as die neerskryf van ‘n paar gedagtes om oud-Bloemfonteiner André Fourie se verlange doer ver in Engeland so bietjie te sus het uiteindelik in sy eerste roman verander. Fourie was verlede week een van die skrywers wie se werk, onder meer sy nuutste roman Monochroom Reënboog, by die Vrystaat Kunstefees se Boekefees bespreek is.

“Die aanvanklike storietjie wat veronderstel was om die heimwee ‘n bietjie te verlig het toe later uitgebrei na die boek en uiteindelik moes ek so bietjie skaaf om dit weer korter te maak,” vertel Fourie kort voor hy weer huiswaarts keer.

Die hele verhaal strek oor ‘n tydperk van 10 jaar – van 1966 tot 1977. “Ek moes heelwat navorsing doen om my feite reg te kry, veral omdat ek werklike gebeure uit die verlede gebruik het as verwysing.” Fourie vertel musiek speel ook ‘n belangrike rol in era-vaslegging.

Die storie begin met Abrie wat 10 jaar oud is, verloop deur sy tienerjare, sy weermagjare en dan sy traumatiese ervaring van die eertydse bosoorlog in Angola. Die verhaal beklemtoon die hoofkarakter se verhoudinge met mense van verskillende rassegroepe.
“Wat ek daarmee wil aandui is dat daar uitstekende menseverhoudinge was, nie soos dit altyd uitgebeeld word nie, dat die apartheidsjare slegs ‘n drakoniese tydperk was nie. Natuurlik maak ek melding van die slegte tye, want daarvan was daar
beslis ook.”

Fourie het die roman aan twee uitgewers voorgelê en hulle het belangstelling daarin getoon, maar het aanbeveel dat hy ‘n paar dele daarin sensor. Fourie het volstrek geweier. Hy wou seker maak die leser word totaal weggevoer na die dekade waaroor hy skryf. “Die leser moet teruggevoer word na die sestigerjare en eers uit daardie era klim as hy die boek toemaak.”

Die titel Monochroom Reënboog verwys na ‘n reënboognasie in die tydperk van monochroomfoto’s asook na die feit dat Suid-Afrika se reënboog deesdae ook maar ‘n bietjie vaal lyk met geringe blertse van kleur soos destyds, dikwels in skakerings van swart en wit is .

Fourie het in Hospitaalpark grootgeword en aan die Hoërskool Jim Fouché gematrikuleer. Hy het deeltyds op die Bult geswot en sy weermagjare onder meer by Tempe deurgebring. “Ek is in Bloemfontein getroud en my eerste huis was in Langenhovenpark. Dit is waar my hart is.”

Toe hy sy werk in 2002 verloor het hy besluit dit is tyd vir ‘n gesinsavontuur. “Ons het letterlik ons deure gesluit en gegaan,” vertel hy. Nou, 13 jaar later, is hulle Britse burgers, maar “ek moet beklemtoon dit is net ons lywe wat daar is. Ons hele hart en siel is hier.”

Wat kan ons in die toekoms van Fourie verwag? Hy werk tans aan ‘n reeks kortverhale van drie ou manne. “Dit handel oor ou manne – soos ek – wat bymekaarkom op Saterdae en dan sit en gesels oor enige ding en alles.”

maricelle@centralmediagroup.co.za

 

VRYSTAAT KUNSTEFEES 2015

Terug op moeder aarde na ‘n loop op die wolke. Ek sou in my wildste drome nie kon dink dat my eerste bywoning van ‘n kunstefees sommer my deelname sou behels nie. Weke van interkontinentale kommunikasie en reëlings kulmineer toe uiteindelik in die aand van 15 Julie.

Die Kovsiekampus in Bloemfontein is ‘n kaleidoskoop van kleur, geur en atmosfeer. Mense dwaal, eetding in die hand, van stalletjie na stalletjie. Ek baan my weg oop na die H van der Merwe Scholtzsaal waar ek baie jare gelede my finale eksamen geskryf het. Ek het weer daai gevoel op my maag, maar hierdie keer is dit nie eksamenkoors nie. Dis verhoogvrees. By die sysaal, waar my boekbespreking gaan plaasvind, word ek deur oud-skoolvriende, familie ou en splinternuwe vriende ontvang. Ek sien die omslag van Monochroom Reënboog in baie hande.
Saam met Maretha Maartens en die bekende dramaturg, Nico Luwes, skuif ons agter die mikrofone in. My mond is droog en ek is dankbaar vir die bottel water voor my. Maretha lei die bespreking met haar kenmerkende kalm, professionele styl en vee al my stramheid weg . Nico is briljant en gee met sy voorlesing lewe en stemme aan die karakters wat ek die afgelope jaar of wat geskep het. Die gehoor neem deel en gee waardevolle terugvoer.
Wat ‘n onvergeetlike aand!
Ag ja, die lewe gaan voort – maar nou vir ‘n nuwe avontuur!

 

IMG_8389

HANDTEKENINGE

IMG_0961

BOEKBESPREKING

IMG_8385

SAAM MET NICO EN MARETHA BY KOVSIES

 

————————————————–

PRETORIA WAS GOED VIR MY

11226051_10206786952410922_759259504811044360_nDSC_4051DSC_4107DSC_4101DSC_4067DSC_4115DSC_4111

Wie sou nou kon dink dat Land van die Blou Bul ‘n Cheetah-man so hartlik kan ontvang!
Na die euforiese belewenis in Bloemfontein het ek nie kon dink dat dit beter kon gaan nie. Ek was verkeerd – gedeeltelik. Pretoria het die Rosestad geëwenaar.
In die knus lapa van Krygkor, net so naby die veelbesproke Erusmuskasteel (waar dit glo spook!) het ons gekuier rondom Monochroom Reënboog. Familie, skoolvriende, weermagvriende en nuwe vriende het glasies kom klink op… MY! Wat ‘n eer! Die pragtige tweeling, Martinique en Clariece, het boekverkope woema gegee en neef Johan het sy aktrise-vrou aan my kom voorstel. Uiteindelik kon ek vir Karen ontmoet. Thys, ou skool- en weermagvriend wat ek in 1983 laas gesien het, was ook daar om sy vrou aan my voor te stel. Ek kon skrywersvriende en Facebook-vriende in lewende lywe ontmoet.
As Christine en die kinders nie in Engeland agtergebly het nie, sou Engeland my heel waarskynlik nie weer gesien het nie.
Dankie Suid-Afrika!
(En ‘n baie groot dankie aan almal wat dit vir my moontlik gemaak het. Ek wil graag vir Desiré en Jacolien uitsonder.)

24 thoughts on “MONOCHROOM REËNBOOG

  1. Ongelooflik. Jy het my baie jare trug geneem. Jou skryfstyl is gemaklik en so beskrywend dat ek kon sweer ek was daar. Ek kan nie wag om die boek te lees nie. Skryf jong, skryf! Willie

  2. Nou leef daardie tye en die baie onverstaanbare dinge weer by my. André, ek wil sê ‘Nog! Nog!’ Ek wag in spanning.

  3. Baie baie goed oom!! Ek kan nie wag om die boek te koop nie! Oom beskryf n ding so dat dit vir my voel asof ek self daar is!

  4. Nice man. André, dit lyk my ek gaan binnekort weer bietjie min slaap om ‘n nuwe boek klaar te lees. Ek wou net loer, maar moes nou alles deur lees, sal maar môre my werk klaar maak.

  5. Pragtig Andre–raak en suiwer beskrywing van onse kleintyd belewings–kan nie wag vir die boek nie –wat betref die ander ander gedagtenisse –Absoluut puik –doet so voort –ek stuur dit Ozzie land toe –!! Dankie Jy !!

  6. Pingback: EEN WINTERSDAG OP DIE PLAAS | BILTONG & POT- ROAST

  7. Pingback: VAN GRONDBOONTJIEBOTTER EN DIE MAU MAU’S | BILTONG & POT- ROAST

  8. Pingback: ONS SAL LEWE, ONS SAL STERWE… | BILTONG & POT- ROAST

  9. Pingback: TROEPIE TYDENS BASIES | BILTONG & POT- ROAST

  10. Pingback: ‘N BASIS IN OWAMBOLAND | BILTONG & POT- ROAST

  11. Klaar gelees. Ek gaan dit weer en weer lees, want hierdie boek het my laat DINK oor dinge wat ek al vergeet het. Ek gaan ‘n aanbeveling plaas op Goodreads en Amazon – hierdie boek moet gelees word.

  12. Pingback: LIEFDE IS ‘N PAASEIER | BILTONG & POT- ROAST

  13. Pingback: VAN DIE SWARTSPAN NA DIE GROENSPAN | BILTONG & POT- ROAST

  14. Pingback: VANJAAR IS DIT VYFTIG JAAR… | BILTONG & POT- ROAST

Leave a comment