Gatiep

Gatiep het ‘n “affair” met sy buurvrou. Hy lieg en sê hy moet die naweek Durban toe gaan en gaan trek by buurvrou in vir die naweek. Saterdag-oggend kyk hy by buurvrou se venster uit en sien ‘n man in sy huis se tuin met sy japon aan.

“Wat maak jy in my gown?” skreeu hy.

“Jy lieg, die ou wie se gown‘it is, issin in Durban.” skreeu die ou terug.

Gatiep skreeu: “Julle gan moeilikeit kry as  ek van Durban af kom!”

Een Dinsdagoggend in Julie

Enkele jare gelede het het ek sulke buitengewone belewenisse gehad, dat ek dit nie vir myself kon hou nie. Dis iets wat mens graag met ander wil deel. So, laat ek sommer met die deur by die huis inval.

In 1998 was ons in Duitsland, meer spesifiek die Bodensee-area waar Duitsland, Switserland en Oostenryk by die grote meer, die Bodensee, of soos die Engelse sê, Lake Constance, bymekaarkom. Ek het my hart daar verloor. Vir my is dit steeds, van al die plekke wat ek al besoek het, een van die heel mooistes. Gedurende daardie tyd het ek met ‘n paar persoonlike dinge gestoei, dinge waarop ek nie nou sal uitbrei nie. Die kern van die probleem was dat ek hierdie gewig van onvergenoegdheid met my saamgesleep het. Wat my skuldig laat voel het, want, het ek gedink, as ek my lewe met meer as negentig persent van die mense op aarde se lewens moes vergelyk, was ek na regte in die pound seats gewees. Ek het geen rede gehad om onvergenoegd te voel nie. Ek het met ‘n witbrood onder die arm loop en kla. Maar tog, ek het gevoel soos ek voel, want ek het leemtes beleef. Daar was klippe op my pad, krapperighede, dinge wat ek anders wou gehad het.

So, op ‘n pragtige Dinsdagoggend in Julie van 1998, neem my voete my op ‘n bergpaadjie wat ek nog nooit geloop het nie. Daar in Duitsland. ‘n Helder sonnige somersdag. En ek dink toe by myself dat hierdie wandeling die ideale geleentheid gaan wees om te bid, om te gesels, om die gewig af te laai. Ek wou sommer bietjie reguit praat, sonder doekies omdraai. God moes uit my mond uit hoor van hierdie dinge wat my pla, van die gewigte wat ek saamsleep.

Maar, het ek gedink, dalk moet ek net eers bietjie nadink oor dit waaroor ek dankbaar moet wees. My seëninge tel, so half inleidend tot die eintlike gesprek wat kom. God moes darem weet dat ek nou nie ondankbaar wil klink nie, maar…

Ek het gedink om dalk so drie, vier dingetjies waaroor ek nou regtig dankbaar is uit te sonder en dan kan ek nou maar begin kom met die gewigte, die eintlike rede vir hierdie gesprek. Ek het dankie gesê vir die wonderlike voorreg om te kan loop op hierdie kronkelpaadjie met die uitsig, die voëlgesang, die rustigheid. Ek was dankbaar vir my gesondheid, vir my vrou en kinders. Dat húlle gesond is.

En so, terwyl ek loop en dankie sê, gebeur dit toe dat ek beheer oor my woorde verloor. My brein hardloop toe op auto-pilot. Wat so drie of vier dankies moes gewees het, bloot die inleiding tot die éíntlike gesprek, raak toe ‘n loflied. Vir vier kilometer loop ek terwyl die een seëning op die ander soos ‘n string pêrels oor my lippe val. Ek kry nie kans vir kla nie. Ek kom nie uit by dit wat ek eintlik wou sê nie. Heuwel op, kronkelpaadjie af, tussen wingerde en vrugtebome deur. En ewe onverwags bevind ek my voor ‘n kruis. Nie regtig ‘n monument nie. Sommer net ‘n eenvoudige hoë houtkruis binne-in ‘n ronde klipmuurtjie vol blomme geplant, so langs die pad. En op ‘n bordjie teen die klipmuurtjie staan daar in Duits:

Ek wil die Here loof en geeneen van Sy weldade vergeet nie!

Ek was stomgeslaan. Is dít hoe God met mens praat? Duideliker kon dit nie wees nie. Langs die kruis is daar toe so ‘n paaltjie met ‘n houtboksie vas. ‘n Kennisgewing nooi mense uit om die dekseltjie op te lig en vir jou van die inhoud te neem: so ‘n mooi versierde traktaatjie. Ek vat toe sommer die voorste een, maar die wind waai hom uit my hand uit, oor die heining, teen die berghang af. Toe neem ek die volgende een. En daar staan toe, natuurlik weer in Duits, die volgende woorde:

God is altyd gereed vir jou. Hy wag dat jy met Hom moet praat, want hy het so baie dinge wat hy met jóú wil deel.

Ek het die ander traktaatjies bekyk en gesien dat elkeen ‘n ander boodskap gehad het. Nie een het so direk met my gepraat soos die een in my hand nie. Ek was totaal oorweldig. Die wind het deur my hare gevryf, die lug was helder blou. Ver onder my kon ek die skepe op die meer sien. Oorkant die meer in Switserland was die Alpe se sneeutoppe (in die somer!) sigbaar. Die blare in die eeue-oue bome rondom my het geritsel en die hordes voëls het elkeen sy eie lied gesing. Op daardie oomblik het God só naby gevoel, ek was oortuig gewees dat, as ek my oë sou toemaak en my hand uitsteek, ek aan Hom sou kon raak. Alles het vir my nuwe betekenis gekry. Die uitsig, die blou lug, die voels, die wind….

Terwyl ons, ek en Christine, ‘n paar aande later met ‘n roomys in die hand deur die cobble strate van ‘n klein dorpie, Lindau, loop, sê ek toe vir haar dat ek baie graag, as ons gespaar bly, met ons silwerbruilof weer hierheen wil kom.

Tien jaar later.

Sommer die tweede dag ná ons aankoms daar het ek mý paadjie gaan opsoek. En ek het wéér geloop en praat. En nabetragting gehou. Gedink oor die afgelope tien jaar. Al die veranderinge – en was daar baie! My pa is nie meer by ons nie. Ek moes noodgedwonge ander werk soek. ‘n Klomp van my hare het om die een of ander rede besluit om my te verlaat (en die paar wat agtergebly het, het hulleself gaan staan en grys vermom). My klein dogtertjie is op universiteit. My klein seuntjie gaan binnekort universiteit toe en my babaseun is amper klaar met hoërskool. My klere het mislik geraak en sommer oornag besluit om te krimp. Ons het Engeland toe verhuis. En nog baie ander veranderinge. Maar, het ek tot die besef gekom, alles het tog uiteindelik uitgewerk soos ek tien jaar gelede gevra het. Nou nie regtig op die manier wat ek destyds gedink het nie, nie met die pad wat ek gevisualiseer het nie. God het ander planne gehad om my gewigte van destyds weg te vat. Tien jaar gelede het ek, byvoorbeeld, nie eers kon droom dat ek op Haar Majesteit se Eiland gaan sit en skryf nie. My nabetragting het my gewys dat God werklik luister.

Ek het wéér loop en dankie sê. En ek het ook nuwe versoeke gehad. Ek het gevra dat Hy my land, Suid-Afrika, in Sy hand moet neem. Ek het elkeen van julle (onthou, ek het vier kilometer gehad om dit te doen en ek loop nie meer so flink soos tien jaar gelede nie) in God se sorg geplaas. Ek weet nou mos Hy luister. Uit die boksie by die kruis het ek weer vir my ‘n blaadjie gekry. Hierdie keer was daar net een oor. God het vir my (in Duits, nogal – natuurlik) gesê wat, as dit vry vertaal word, beteken:

Ons het ‘n Vader wat almagtig is in die hemel. Vertrou op Hom en jy sal wonderwerke beleef.

Terwyl die vliegtuig die aanloopbaan bestorm op pad terug huis toe, was ons goed op spoed en ek in my sitplek vasgedruk. So halfpad met die aanloop word daar toe skerp gerem, baie skerp. Sommige van ons skrik en ander is sommer vies oor die moontlikheid dat ons dalk nie vandag gaan opstyg nie. Maar die loods draai om en begin ‘n tweede aanloop. Hierdie keer suksesvol. Ek dink toe dat dit dalk nou so goed soos enige ander tyd is om vir ‘n bewarende Hand te vra. Ek doen dit toe sommer dadelik en raak toe weer aan die gesels met God, sommer so in my gedagtes daar in die vliegtuig.

Terwyl ek so met my gedagtes besig is, sien ek toe in die klein venstertjie van die vliegtuig ‘n weerkaatsing. Ek is bewus daarvan, maar steur my nie daaraan nie. Dis maar die son of ‘n lig wat so weerkaats, dink ek. Ons breek later deur die wolke en vlieg oor ‘n spierwit mat, ‘n mat gemaak van wolke-watte. Ek besef toe dat die lig nog steeds hier buite die venster langs die vliegtuig is. ‘n Vreemde lig wat lyk of dit half in sy eie wolkie gehul is. Dit was nie ‘n weerkaatsing van iets gewees nie. Die lig het langs die vliegtuig gebly. Ek het vir Christine gevra of sy dit ook sien. Sy het dit ook gesien en ons kon geen verklaring daarvoor kry nie. Die lig het later vorentoe beweeg en nog later onder die vliegtuig in. Dit was beslis iets ongewoon. (Ag, een van julle slimmes moet nou nie my bubble met ‘n wetenskaplike, rasionele verklaring kom probeer bars nie. Dit sal nie werk nie. Ek weet wat ek gesien het en ek kan glo wat ek wil…)

God praat met ons. Hy openbaar Hom aan ons. Vertrou op Hom en jy sál wonderwerke beleef…

My Octopus

MY OCTOPUS

manifestation-miracle

Many years ago the most astounding thing happened to me, a miracle. It was so extra-ordinary that, for many years, I struggled with the question: Why did it happen to me?

I was a young man living in South Africa, unmarried and my income was nothing to be envious of. Like any young man, I dreamt of my own house and so I bought a piece of land, a beautiful plot on which I had to pay monthly instalments. Every month the levies and taxes had to be paid as well. Shortly after that I got married and moved into a rented flat with my new bride. Then my pocket truly started to feel the strain: Flat rental, instalments on my loan for the plot, levies and taxes and all the usual added expenses that come with a wedding (furniture, honeymoon, ring, etcetera, etcetera…).

We have all, at one stage in our lives had something that clings to our shoulders like a big octopus. “One day” I am going to run a marathon. Another person wants to go overseas, “one day”; or, “one day” starts a business. This vague ambition just hangs there round your neck, dragging you down and, until you actively do something about it, that’s all it does – just weighs you down. If you see someone jogging, you think: “One of these days…” Or if a travel brochure slips out of the newspaper and you longingly look at the inviting idyllic pictures of foreign destinations, you think: “One of these days…”

octopus-backpack-1

My octopus was a house on the plot that I was still paying off – I constantly dreamt of my own house on that piece of land. When I saw a truck with a load of bricks or trusses, I felt the grip of this weight around my shoulders. Or when a building society dangled their mortgage rates with alluring advertisements in my face, I felt the tentacles tightening. My wife and I even went so far as having the plans drawn up.

empty-plot

But, with the war going on between my income and liabilities, I just couldn’t imagine my dream house ever becoming a reality. So the situation dragged on until one day when I decided enough is enough and took the day off. With the building plans, bank statements and all the determination I could gather I went to see anyone who could possibly advise me on what would be the best route to realise my dream. Banks, building societies, an architect, building contractors, a quantity surveyor…and I gathered information, a bulky folder full of it.

That night, after supper, I sat down with all the collected information and I processed it. Much later that night (could have been early morning) I came to the conclusion that, if I could get R10 000 (that is South African Rands) for one week, I could build my house – but where would I get such an amount (quite a fair amount for those days!). I didn’t know anyone who could lend me that sort of money. I hadn’t got any security for a loan and, after all, financial institutions would be very reluctant to lend me money for a week only.

Mulling over this problem I went to bed with absolutely no sign of sleep as my brain was running in overdrive.

puzzle_man_house

“R10 000! How will I raise such a vast sum? Can I pray for it? Maybe, but then again, how many people on earth went to bed tonight on an empty stomach and I want to ask for R10 000! Yet, in Matthew 7:7 God promises: Ask and it will be given to you; seek and you will find; knock and the door will be opened to you. Yes! I am going to ask.”

Then I went onto my knees and I prayed for God to give me R10 000 for a week. After finishing my prayer, calmness descended upon me and I peacefully fell asleep.

I was employed by a university at that time and we had a spacious tearoom where most staff members went during a tea break.  My boss and I however, chose to have our tea served by the secretary in his office so that we could discuss important matters like the weekend’s rugby scores, latest films and books or even sometimes the forthcoming faculty meeting – always in the office, never in the tearoom.

That day (following my struggle the previous night) was no different – initially. Like every day, most people went to the tearoom, and we had our tea served in my boss’s office. By the way, at this stage it is important to mention that absolutely no-one knew about my R10 000 or the previous night’s struggle.

I was just about to take a sip of tea, when my boss announced out of the blue that, for some reason he would like to have tea in the tearoom that day and he wanted me to join him because he didn’t want to go there on his own.

tea

For the first time in all my time working there, it so happened that we went to the tearoom to have tea.

In the tearoom people sat around these low coffee tables scattered with magazines and newspapers, chatting and discussing the latest happenings. My boss engaged in a conversation with the professor next to him while I was stirring my (new) cup of tea, intensely absorbed in my thoughts, pondering on my R10 000. Opposite me a professor noticed my absence of mind. He wasn’t particularly well-known to me, I only knew him from greeting in the hallways.  He commented that he could see my thoughts were miles from the tearoom which triggered the rest of the conversation: about my excursion the previous day, my tussle with all the information and finally my conclusion that R10 000 stood between me and my dream.

Then he said: “Young man, this has got to be the hand of God that brought us together here today. You know, I seldom come to the tearoom. I usually have tea in my office, but today is the maturity date of one of my investments and I was hoping to see old Gerald here so that I could prod him for a bit of advice on how best to re-invest my money.” (Gerald was professor of Economics). “What’s even more intriguing is the amount of my investment: R10 000, exactly! You can have it for as long as you need it.”

For a moment I was speechless – a complete stranger offering me R10 000 without any security or guarantee, nothing. To cut a long story short, the next day he brought me the cheque, which I used to settle the outstanding balance on my loan for the plot which I could then use as security for a building-loan. The loan was approved within a week allowing me to make the first withdrawal: R10 000 to settle my dues with the professor (interest free!). I was owner-builder (a builder friend advised and assisted where necessary) and six months later my wife and I took up residence in our brand new house. 

For many years I contemplated why God had answered that particular prayer of mine so easily and so quickly – until, later in life, it dawned on me. I often prayed for – according to me – equally worthy issues, in just as righteous a way as the R10 000, often without apparent success. When old Satan then tried to delude me into believing prayer is a futile act, I could banish him by remembering how God, when I was a young man, indeed answered my prayer and gave me R10 000. God listens! I have proof.

I also learned another valuable lesson from this episode. We often ask God to give us a house, for instance, but God has another way of working. He is keen to give it to you, but not just like that. No, you too have to do something.

If someone had told me before this amazing experience that God is going to give me R10 000 for a week in order for me to build a house, I would most probably have sniggered and said: “A doll’s house, maybe. What else can you build with R10 000? And after a week, do I have to return the doll’s house?”small-house

After doing a bit of research, though, and putting in some effort, God opened my eyes to bring me to the conclusion that, with borrowed R10 000, my dream could become a reality. Trust God with your dreams, but never expect Him to deprive you of the satisfaction of partaking in the accomplishment of them.praat

IF YOU WANT TO READ MORE, THIS E-BOOK CAN BE ORDERED FROM:

  1. UNEMPLOYMENT, YOU AND GOD’S RESCUE LADDER
  2. UNEMPLOYMENT, YOU AND…
  3. UNEMPLOYEMENT, YOU…
Book Cover2

Click to view

Mors

Mors. Wat is mors?

Het jy geweet by Denemarke is ‘n klein eilandjie genaamd MORS?

Hierdie eilandjie is bekend vir ‘n wit poeier wat diatomiet genoem word. Wat diatomiet so interessant maak, is dat dit gebruik word in die maak van dinamiet. Baie ander produkte ook – soos filters, insekgif en die sand wat ons in katbakke sit. So, as jou kat dalk eendag met ‘n yslike slag deur die plafon geskiet word, moet jy weet op die eiland Mors het hulle ‘n foutjie met die verpakking gemaak.

In Frankryk was daar baie jare gelede ‘n motorfabriek wat die MORS-motor gemaak het. Mors was een van die eerste motors in die wêreld wat aan ‘n amptelike motorreisies deelgeneem het en wat die bekende V-enjin gehad het. In 1925 het André Citroën die fabriek gekoop en besluit om nie meer die Mors daar te maak nie, maar eerder sy eie motor, die bekende Citroën.

In die Romeinse mitologie was MORS die god van dood. In ‘n bekende storie het die sterke Hercules teen hierdie Mors-outjie geveg om die lewe van sy vriend se vrou te red. Ek weet nou nie of hy gewen het nie, maar ek is seker dat hy vir hom ‘n paar Latynse woorde gesê het wat ek liewers nie hier sal herhaal nie. Mors is die Latynse woord vir dood. Selfs in Engels kan ons sien waar woorde soos “mortal” en “mortality” vandaan kom.

In Afrikaans is mors ook amper soos dood. Wanneer ons aan mors dink, dink ons nooit regtig aan iets wat goed is nie. Woorde soos “morsig” en “gemors”  en “opmors” kom in mens se kop en hierdie woorde, net soos “dood”, het nie regtig ‘n vrolike klank nie.

Kyk om ons heen. Ons is besig om die wêreld op te mors, ons maak ‘n gemors, ons is morsig. Ons mors met alles wat die lewe en die aarde ons bied. Al die wonderlike goed wat die mens na die Skepping mee vertrou is, word nie meer gebruik soos die aanvanklike bedoeling was nie.

Ons sien, beleef en doen dit elke minuut van die dag: Ons MORS.

Ons mors met die suurstoffabriek van die aarde – die bosse van die Amasone en ander reënwoude. Ons mors met die natuurlike hulpbronne waarmee ons vertrou is. Elke keer wanneer ons onnodig met die kar ry, of ‘n lig onnodig aan los, dan mors ons. Daar is kommer oor die seelewe wat teen ‘n kommerwekkende tempo uitgeroei word en die see wat besoedel word met plastiek en afval wat ons mense mors.

Ons mors met kos en water wat vir ons gegee word. As ek op TV sien hoeveel honger mense daar op aarde is, dan krimp ek ineen as ek die hoeveelheid kos sien wat ons elke dag weggooi. En ook nie altyd weggooi nie. Ons eet partykeer gulsig tot ons wil bars. Ons mors dus met ons liggame. Ons prop ons lywe vol allerhande onnodige eet- en drinkgoed wat ons nie regtig nodig het nie.

Maar die ding wat ons seker die meeste mee mors, is liefde. Ons ontvang liefde in so ‘n oorvloed. Van ons Hemelse Vader, van ons familie en vriende, van ons ouers en kinders. Maar ons doen niks daarmee nie. In plaas daarvan dat ons hierdie liefde aangee en versprei, hou ons dit vir onsself. Ons beswadder eerder mekaar en wys ons medemens se foute en verskille uit. In hierdie pragtige land van ons met sy oorwegend wonderlike mense praat ons lelik van mekaar rondom braaivleisvure, by die skool en by die werk, in raadsale en sjebiens. Mense maak mekaar dood en steel mekaar se goed.

Daardie liefde wat ons so by die emmersvol ontvang word vermors. Ons deel dit nie met mekaar nie.

Ons mors mekaar se lewens op. Ons mors die aarde dood.

Plant vandag jou saadjie van besorgdheid en liefde en sien toe dat dit vrugte voortbring.

Foute

 

Ek lees onlangs van ‘n woord wat jy nooit wil hoor as jou hare gesny word of as die tandarts in jou mond met daai boor van hom besig is nie.

“Oeps”.

Persoonlik kan ek aan baie gevalle dink waar ek nie “Oeps” wil hoor nie. Ek wil dit nie oor die interkom van ‘n passasiersvliegtuig hoor nie. Ek sou dit ook nie van die dokter wou hoor toe my kinders gebore is nie. En ek sou dit beslis ook nie wou  hoor toe daai vreeslike Hadron-reaktor in Switserland aangeskakel is nie.

Ja, daar is gevalle waar jy nie wil hê mense foute moet maak nie. Eintlik hou ons glad nie van foute nie. En tog is dit iets wat so deel van die lewe is as asemhaal. Ons weet dat die enigste mense wat nie foute maak nie, dooie mense is. Ons maak almal foute – dis nou terwyl ons lewe.

Maar is foute noodwendig sleg?

Alexander Flemming was ‘n Skotse bioloog en farmakoloog. Tydens sy navorsing oor bakteriee het hierdie briljante navorser ‘n foutjie gemaak. Sy laboratorium was altyd ‘n bietjie deurmekaar en slordig. In 1928 was hy ‘n ruklank met vakansie by vriende. Voordat hy gaan kuier het, het hy al sy bakkies met verskillende bakteriee en kulture waarmee hy geëksperimenteer het, op ‘n bankie so in die hoek van sy laboratorium gelos. Sommer so deurmekaar op mekaar gestapel. Groot fout – of was dit? Met sy terugkoms op 3 September, sien hy toe van die bakkies het fungus op gehad – die klomp ou bakkies het daar vol muf gestaan. Hy let toe op dat sommige van die bakterieë dood was en by nadere ondersoek sien hy toe dat dit die einste muf was wat die bakteriee doodgemaak het. Hy begin toe bietjie verder navorsing doen en  hierdie navorsing lei toe tot die ontdekking van penisillin, ‘n baie belangrike antibiotika in die stryd teen baie siektes. Hiervoor het hy die Nobel-prys vir medisyne gekry en is ook in 1999 aangewys as een van die top 100 invloedrykste mense van die 20ste eeu. Sy fout om die klomp bakkies sommer so op ‘n hoop in die hoek van sy laboratorium te gelos het, het toe ‘n baie suksesvolle einde gehad.

Ons almal weet dat Thomas Edison die gloeilamp ontwerp het. Hy het op ‘n stadium die wereldrekord gehou vir die meeste patente soos die outomatiese telegraaf, elektriese veligheidslamp vir myners, fluoresent ligte en die rolprentkamera. Terwyl hy gesukkel het met die ontwerp van die gloeilamp, het hy eendag aan ‘n groep joernaliste vertel:

Ek was nie sewehonderd keer onsuksesvol nie. Ek sien dit nie as mislukkings of foute nie. Ek was suksesvol om te bewys dat daardie sewehonderd maniere nie sal werk nie. En nadat ek die sewehonderd maniere wat nie sou werk nie uitgeskakel het, het ek die een manier gekry wat werk”.

Wilber was ‘n seun wie se voortande gedurende ‘n yshokkiewedstryd in die winter van 1855 uitgeslaan is. Vóór hierdie insident was hy ‘n lewendige, atletiese kind en, alhoewel sy besering nie so ernstig was nie, het dit veroorsaak dat hy homself so van die buitewereld onttrek, dat hy ná skool nie eers universtiteit toe is nie. Hy het maar tuis gebly en na sy siek moeder omgesien en ook baie begin lees. Sy jonger broer, Orville, is vroeg uit die skool uit om ‘n drukkersbesigheid te open. Die twee broers het self hulle drukkerspers ontwerp en gebou. Die besigheid het Wilbur uit sy depressie gehelp en gou het hulle besigheid floreer. Gedurende hierdie tyd het fietse hoogmode begin raak en die twee broers het begin fietse bou en later hulle eie fietsbesigheid gehad. Die geld wat hulle uit die fietsbesigheid gemaak het, het hulle gebruik om hulle nuutgevonde belangstelling in vlieg te finansier. In 1899 begin hulle te eksperimenteer met hulle meganiese planne vir ‘n sweeftuig. Ná baie probeerslae en mislukkings, het hulle uiteindelik sukses behaal. Die Wright-broers, Wilbur en Orville, word erken as die uitvinders en bouers van die eerste suksesvolle vliegtuig. Hulle het ook die eerste beheerde, aangedrewe en volgehoue swaarder-as-lug vlug op 17 Desember 1903 gedoen.

As daar nie fout gekom het gedurende daardie yshokkiewedstryd toe Wilber se tande uitgeslaan is nie, wonder mens hoe sake sou verloop het.

Almal wat sukses in die lewe behaal het, het die leer na daardie boonste trappie moes klim. En so met die klimslag na bo het hulle talle foute gemaak. Hierdie foute was egter die boustene van hulle sukses, dit was die sportjies van die leer. Dit is die foute wat hulle sterk gemaak het. En dit gaan heel waarskynlik weer ‘n fout of twee wees wat hulle grond toe gaan bring.

Solank ons leer uit ons foute en ook uit die foute van ander mense, is foute egter baie nuttig.

By die Harvard Business School in Amerika is hulle ‘n sterk voorstander daarvan dat foute nie altyd sleg is nie. Hulle glo dat mens baie meer uit mislukkings – of dan foute – leer as uit sukses. Die sleutelwoord is egter leer.

Leer uit jou foute uit! Leer uit ander se foute uit. Slegs dan sal jy met meer kennis die leer na uiteindelike sukses kan klim.

Hoe meer haas, hoe minder spoed

Dit mag die ouderdom wees wat inskop, maar die laaste tyd kry ek myself knaend aan’t dinke oor my kinderjare doer in die vorige eeu. Dinge was anders en ten spyte van  al die slim goete wat die mensdom sedertdien uitgedink het, wonder ek of die eenvoudiger leefwyse nie beter was nie. Ek sien selfs die veraf hunkering in my eie kinders se oë as ek van daardie tye vertel (soms ook ‘n bejammerende kyk by die gedagte aan geen Playstations of rekenaars nie). Daai ou spreekwoord van “hoe meer haas, hoe minder spoed” beskryf die moderne leefstyl perfek. Ons het alles gedoen en, glo ek, meer as wat ons vandag doen sonder geprogammeerde wasmasjiene, mikrogolwe, kitskos en vooraf verpakte aandetes, afstandbeheerde TV’s en natuurlik selfone.

Nou lees ek van die einste selfone en meer spesifiek die meer gevorderdes soos die  I-Phone en Blackberry wat mense se stresvlakke so opstoot. Ons het so afhanklik van hierdie apparaatjies geword, dat ons hele lewe as’t ware daarom geweef word. Daar is mense wat kompulsief byna elke minuut net móét kyk  vir boodskappe of ander inligting. Dit word gebruik om fliekkaartjies te koop, te navigeer, met vreemde, gesiglose mense op ‘n ander vasteland te kommunikeer of speletjies te speel en boeke te lees. Die stresvlakke begin klim sodra jy nie kan bybly met die druk wat hierdie klein toestelletjie op jou plaas nie. Sodra jy nie by al jou e-posse, Facebook-vriende, koerante, sportuitslae en al die dinge wat jy nou en dadelik moet doen, kan uitkom nie, begin die son vir jou te sak. Of nog erger, as die battery begin pap raak. Die ergste is natuurlik wanneer jou vriend die nuwer model onder jou neus kom hou.

Aggenee wat, gee vir my ‘n lekker stukkie boerewors en ‘n tjoppie wat ek op ‘n houtvuur gooi met ‘n musiekie in die agtergrond en ‘n skuimkoppie in die hand.

 

Wag net gou, daar lui my foon…