DAAI NAAKTE BOLIP

DAAI NAAKTE BOLIP

Tydens die tweede helfte van my dienspligtyd het die meeste van ons snorre gegroei – droopies, maar dit mag nie verby die mondhoeke gekom het nie. Eers nadat ons uitgeklaar het, kon ons regte droopies langs die mondhoeke laat afloop het. Dit moes die een of ander akteur gewees het wat die hele ding begin het, die droopy ding, dié kan ek nou nie meer onthou nie.andre

Oor die jare heen was daar manne waaraan ek gewoond geraak het met hulle snorre. Ook manne van die silwerdoek. Manne soos Tom Selleck en een van my gunstelinge, Sam Elloit.

Talle van my vriende het oor die jare heen van die hare op die bolip ontslae geraak; ander het halsstarrig daaraan geklou. Wat mý egter huiwerig gelaat het om die skoongesigvoorkoms aan te neem, was toe ek bogenoemde twee akteurs sonder hulle snorre gesien het. Ja, ek weet sommige mans se harige voorkoms slaan jou tussen die oë soos ‘n enorme spinnerak waarin jy vasloop. Maar dan is daar manne soos Tom en Sam wat gebore is vir ‘n snor. Sonder daai bykomstigheid wil-wil die snawel van papegaai voor my opdoem. En dis vir daardie een waarvoor ek bang was – ek wou darem nou nie lyk of ek ‘n snawel het nie.

Maar, die afgelope week toe besef ek mos dat hier niemand is wat my lank genoeg ken om enige verskil dadelik agter te kom nie. En daar waai die snor toe. Vir die eerste keer in veertig jaar.andre 2

Vriende wat daarvan te hore gekom het, wil ‘n foto sien. Maar ek skrik self nog wanneer ek skielik voor ‘n spieël te staan kom. Glo my, die mensdom is nog nie gereed daarvoor dat my gesig die kubergange ingestuur word nie.

Kyk, niemand het my nog ooit aanmoedig om myself as manlike model beskikbaar te stel nie. Met goeie rede ook. Maar, nadese gaan my foto gebruik word om kinders bang te maak. Soos daai video’s op Youtube  waar jy nog so lekker intens kyk en dan skielik doem ‘n afskuwelike gesig voor jou op wat kinders gillend van stoele laat afval en by deure uit laat skarrel.

Wees gewaarsku.

Advertisements

10 thoughts on “DAAI NAAKTE BOLIP

  1. Dis maar net omdat dit vreemd voel. My broer het baard gehad. Een dag ry ek by hom verby en dink dié man lyk bekend. Die rede? Hy het sy baard afgeskeer en ek het nie geweet dis hy nie!

    • Oeeee… nou moet jy verduidelik. OK, jy’t my uitgevang. Dis nie veertig jaar nie, maar presies 41 jaar. Hierdie bolip van my het die afgelope week vir die eerste keer sedert 1976 son gesien. (Dalk het die foto van my in my rugbyklere jou van spoor af gegooi. Daar was ek 12 of 13. Op die ander foto is daai snor darem al so 7 jaar oud).

    • Dis nie onmoontlik nie. Dit was ook die tyd van die Spaghetti -westerns en baie van daai ouens het sulke droopies gehad. En natuurlik die hippie- en “biker”-flieks, soos Easy Rider waar die ouens ook sulke snorre gehad het.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s