VIER LANDE IN EEN DAG!

VIER LANDE IN EEN DAG!

ENGELAND EN FRANKRYK

Ja, dit was ‘n lang roete, maar ons het dit om ‘n rede gedoen. Ons wou die “scenic route” neem en ons wou Cité Europe aandoen – op pad Rotterdam toe om by my dogter te gaan kuier.

Vroegoggend is ons uit Derbyshire weg en om 10:00 het ons ons plek in Dover-hawe agter die wagtende ry karre ingeneem – opgewonde om op die yslike veerboot te kom. Oor die hawe waak die beroemde White Cliffs of Dover wat, na al die jare, steeds my asem wegslaan. Die see oor die Engelse Kanaal was kalm en ‘n raps meer as ‘n uur nà ons vertrek, nader ons Calais aan die oorkant van die see.

Sedert ons heel eerste besoek aan Frankryk, het dit nou al ‘n instelling geword om by Cité Europe, ‘n groot, moderne winkelsentrum in Calais te stop vir voorraad, maar (veral vir my) ook om tarte au flan te eet – so saam met ‘n koffetjie.

Nadat die innerlike met Franse bederf verkwik is, het ons die pad noorde toe aangedurf – deur België op pad Holland toe.

Oe, daardie verkeerde kant van die pad ryery!

Maar meer daaroor volgende keer.

DSCN3097 (2)

Waiting at Dover to board the ferrie

DSCN3109 (2)

…and finally on board!

DSCN3130 (2)

The White Cliffs of Dover

DSCN3135 (2)

DSCN3120 (2)

DSCN3121 (2)DSCN3117 (2)

DSCN3137 (2)DSCN3150 (2)

DSCN3151 (2)

On the other side of the English Channel … approaching Calais.

DSCN3156 (2)

Cité Europe … for fresh flans and croissants!

flan

FLAN

NEXT TIME: ROTTERDAM!

Advertisements

One thought on “VIER LANDE IN EEN DAG!

  1. Dover se White Cliffs gee my altyd ‘n knop in die keel. Ek hoor eggo’s van Vera Lynn en sien skimme van jong seuns wat dood is, nog voor hulle gelewe het. Baie dankie vir hierdie lusmaker met jou mooi foto’s!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s